Ketting schmetting

Vanoggend tussen die toilet en die stort (daarsy, jy wou dit weet) tref dit my – IT is besig om studente vir 'n brood te vat.

‘n Tuisgebakte een.

By 'n onlangse interimvergadering met hub-eienaars is daar vir studente genoem dat hulle in die sop is, al is dit nie hulle wat die onwettige data share nie. Die rede? Hulle maak steeds deel uit van die ketting van verspreiding. “As jy deel is van die ketting,” is daar kalm aangevoer, “is jy skuldig”.

IT het heimlik nagelaat om te noem dat hulle ook deel van die “ketting van verspreiding” is.

Hulle verskaf immers die infrastruktuur. En die internet. En die instandhouding.

Brode. Almal van ons.

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>