Alles is uiteindelik gekategoriseer! Daar behoort nou kategorieë op die header te pryk. 'n Oorsig:
Blogging – Gedagtes oor blogs, die sinvolheid van gesiglose selfopenbaring en ander relevante kwessies oor (veral) die Afrikaanse blogosfeer en GormenDIzer.co.za.
Film – Los gedagtes oor kinematografie, met 'n fokus op veral musiekvideos en rolprente. Hier en daar duik beeldmateriaal wat ek self geskep het op.
Godsdiens – Een van die groter kategorieë. Meestal inskrywings oor die Christelike godsdiens en die soms absurde aansprake wat daaroor gemaak word én daaruit spruit.
Matieland – Drie jaar se studentelewe in Matieland opgeteken in sporadiese inskrywings wat strek van kaalwees tot krappe in hysbakke. Perfek vir 'n studiebreuk.
Musiek – Mymeringe oor die Afrikaanse musiektoneel, met talle verwysings na Afrikaanse rock.
Mymering – Net wat dit sê. Filosofiese vraagstukke wat spruit uit my daaglikse verbystering oor die wêreld rondom my. Die virtuele ekwivalent van Johan Swarts wat in 'n hoekie tob.
Politiek – T-hemde met vlae. ‘Nuff said.
Resensies – “Resensies” oor enigiets waarop ek my hande kan kry. Hierdie kategorie moet nog baie groei.
Sommer – Inskrywings wat klassifikasie ontwyk.
Taal – 'n Taamlike groot kategorie met drie subkategorieë. Die media, poësie, prosa en 'n swetterjoel ander dinge wat beter met tags georganiseer word, kom hier aan bod.
Tegnologie – I are g33k, th3r3f0r3 I shall have tek. GGWPl0lz0rz.
Lekker lees!