Waar is jou saait, dêmmit?

Een van die nadraaie van die sogenaamde Web 2.0-revolusie is dat mense st00pid raak. Almal tik meer, maar sê minder. Massas en massas netwerkverkeer word afgestaan aan niksseggende statusboodskappe soos “Johan voel emo” of “Johan ek moes nooit dai chik gescore heti nou’t ek crabs chicks suxx!” (kyk nou net – kyk hoe offer ek my eie nomen op om ander se identiteite te beskerm). Dis natuurlik belangrik vir Johan, maar in die groter skema van dinge gee weinig ander internetgebruikers om oor Johan en sy krappe (in hierdie spesifieke geval, dink ek, gee nie eers GoogleBots om nie). Ook Afrikaanse rockgroepe lei al vir 'n hele klompie maande hieraan. Hiermee dus 'n vertoog aan almal wat goddankvirklank op die bodem van Afrika:

Liefste Afrikaanse Ruk en rol-orkes

Jy is cool (koel, selfs), maar ek wil nie jou Myspace profiel met die 800kb foto in die agtergrond, die tien miljoen added friends en die flash player wat al my bandwidth opvreet sien as ek net op soek is na julle bassist se nooiensvan of die datum van jul volgende gig nie.

Magtig, man.

Kry 'n webtuiste. Maak dit klein en funksioneel, met 'n mooi ontwerp en skakels na pages wat heet: “nuus”, “toer”, “band”, “musiek”, “video”, “lirieke”, “foto’s” en “forum”. Sit 'n lys van nuwe gigs of aankondigings op die hoofbladsy. Plaas foto’s. Hou 'n kompetisie of twee. Begin 'n blog. Kommunikeer met jou aanhangers via die forum. Sit lirieke op die liriekeblad sodat mense dit kan lees.

Maar moenie jou Myspace profiel gebruik vir 'n saait nie. Dis onprofessioneel.

Vriendelike groete

Johan

n.s – Jy gaan HTML moet leer. Gaan koop 'n boek.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>