Gisteraand, in 'n effense slegte bui, kom ek op Computermania se webtuiste af – en toe’s dit gekuberkraak!
Daar het selfs 'n liedjie gespeel:
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
r0flma0z0rz!
Ek is, terloops, besig om rond te snuffel vir 'n 22″ of 24″ LCD-skerm. Ek gaan dit na alle waarskynlikheid iewers by 'n groothandelaar aanskaf, maar dis altyd pret om pryse en prentjies langs mekaar te sien (veral as jy dit nie kan bekostig nie. Dis die beste). As enigiemand enige kommentaar in hierdie verband het (verkieslik iemand wat reeds 'n LCD-skerm gekoop het) sal ek dit hartlik waardeer.
