Napalm napalm so deur die bos, my kerk se hel kook lekker kos
Die begrip “hel” (soos wat dit gereeld nog deur die kerk gebruik word) het sy trefkrag so effens verloor, het dit nie?
Toe dit ongeveer tweeduisend jaar gelede opgeteken is, het dit telkemale verwys na Gehenna – ‘n brandende ashoop buite Jerusalem waar die samelewing se rommel sonder einde gebrand het. Wanneer Jesus die woord gebruik het, het hy na alle waarskynlikheid nie na ‘n letterlike swaelhel à la Paulus verwys waar mense werklik op hul tande kners nie. Tog het mense se verbeeldings maar ‘n manier om oor te neem (dink aan Dante se al te fisiese illustrasies van die hemel en die hel asof dit aparte, veelvlakkige “stede” is) en heel gereeld word die hel aan kerkgangers voorgehou as ‘n groot poel vuur.
Big deal.
Intussen het ons die Holocaust gehad waar Jode in hul miljoene verbrand is in oonde. Tewens: ons het die tweede wêreldoorlog gevoer, wat gelei het tot die ontwerp van kernwapens wat miljoene mense in ‘n oogwink kan verbrand. Daarna het ons vlamwerpers en ander vuurwarm vermaak a la napalm in Vietnam gaan staan en vuur en vandag sit verskeie wêreldmoondhede met hulle vingers op vlambare knoppies. En dan is daar die ontdekking dat elke liewe sterretjie wat saans flikker, eintlik ‘n kolossale, brandende gasmassa is.
Om in ‘n vuurpoel te val, klink skielik net nie meer so indrukwekkend nie.


nee wat, dit klink vir my maar nog moer erg.
Reply
inderdaad, maar daar is vandag soveel erger goed. dit laat my dink aan die VIGS-veldtogte in townships wat misluk het, omdat hulle hoof beweegrede was: “as jy VIGS kry, gaan jy dood gaan”. dit het nie gewerk nie, want doodgaan was net nog iets wat met jou kan gebeur in ‘n township. die begrip het sy trefkrag verloor.
Reply
“erger” goed? in ergelyking met hoeveel ons van die hel af weet?
‘n plek waar daar absoluut NUL van God se teenwoordigheid is.. skroef die vuur en die “pyn” en die knersende tande, die totale afwesigheid van God is die ding wat my so effe knak. eks ook nie ‘n groot fan van spytwees nie..
ek hoor jou lied though, fo sho, ons is ongelooflik desensitized (afrikaans?) in terme van goed wat eintlikmal belaglik erg is. dis TONNE subjektief though, word die hel egter minder crap omdat mense minder bang is daarvoor?
Reply
die idee dat God afwesig is in die hel, is natuurlik weer ‘n volgende idee. ek kan egter nie help om te vra hoe erg dit dan nou kan wees as God hier reeds teenwoordig is en daar reeds sulke afgryslike dinge met mense gebeur nie. kan dit erger raak?
janee, ons is nogal gedesensitiseer. en dit hang seker af van hoe jy dit beskou. as ek ‘n groot roomys vir my verjaardag verwag en ek kry net ‘n kleintjie, dan is dit ‘n crapper roomys.
dit bly nog steeds ‘n roomys, though.
Reply
God hier reeds teenwoordig?
Ek sou raai dat Sy grootste begeerte sou wees in ons huidige en hier-en-nou teenwoordig te wees, maar ek dink dis grootliks nie die geval nie.
Anyway, geloof is nie ‘n vending masjien waar jy ‘n coin bo ingooi en ‘n bar-one onder kry nie. Anders as wat welvaartteoloë aanvoer, beteken – en verseker – God se teenwoordigheid nie goeie geluk, baie geld, goeie verhoudinge en geen trauma nie. Allermins.
Reply
Hemels, leef ons dan reeds in die hel as dit konsuis oor die afwesigheid van God gaan? Sedert Nietszche uitgevind dat God dood is, beteken hierdie konsepte mos nou eintlik niks. En Johan, ek dink jy mis die punt so bietjie – al daardie voorbeelde wat jy noem is ‘n omesientjie in vergeleke met die “ewige vuur,” waar jy brand tot in aan die einde van die tye, aanhoudend, knetterend, oor-en-oor
Nee o jinne, kan ons nie maar Plato op die brandstapel met napalm verwoes met sy abominasie van die dualisme nie!!
Ek dink die hel word minder erg omdat die skille van mense se oë afval en hulle dalk al hoe meer tot die besef kom dat so iets moontlik nie bestaan nie. Aldus ek.
Reply
Duskant – As God se teenwoordigheid nie die werklikheid “beter” maak nie, hoe gaan sy afwesigheid dit dan hoegenaamd “slegter” kan maak?
Emil – Nah, dit klink nog steeds nie eintlik so erg vir my nie. Dink gou mooi: ‘n ewigheid waarin jy gepeper word met nukes en flamethrowers (en nie doodgaan nie) of ‘n ewigheid waarin jy brand (en nie doodgaan nie).
Somehow werk laasgenoemde beter. Dis ‘n lesser of 2 evils geval
Reply
het kan altijd nog erger hoor
)
en als ik even advocaat van de duivel mag spelen: die ‘hel’ hier op aarde – misschien is dat god wel helemaal niet? misschien zijn dat wel de werken van de duivel? misschien zijn god/de hemel en satan/de hel wel metaforen voor het goede (liefde) en het slechte (afgunst) in de mensenwereld? misschien is het hele verhaaltje maar een parabel?
- maar daarmee natuurlijk niet minder waar…
Reply
Mmm, hang dalk af van watter God ons hier praat. En ook, of jy binne ‘n refleksiewe werklikheid leef waar jou betrokkenheid by hierdie godheid uitsluitklik meewerk om “leef” vir jou leefbaar en selfs lekker te maak. Maar selfs dan mag jy dalk daardie aanwesigheid of afwesigheid mis…Ek meen, indien jy in ‘n werklikheid bestaan waar geld jou God is, gaan die afwesigheid van hierdie God jou werklikheid verseker opfoeter en net so sal sy teenwoordigheid gaan vir jou ‘n uiters bevredigende werklikheid skep.
Ek weet nie of ek sin maak nie…
Reply
Tweede laaste sin moet lees “…gaan die afwesigheid van hierdie God jou werklikheid verseker opfoeter en net so sal sy teenwoordigheid vir jou ‘n uiters bevredigende werklikheid skep.”
Deurmekaarkop…
Reply
Johan, ek dink die idee agter ‘hel’ is dat dit die ergste pyn en lyding is waaraan jy kan dink. As nukes en flamethrowers vir jou erger is as ‘n ewige poel vuur, dan is die idee dat dit is wat ‘hel’ vir jou sal wees.
Anselm se argument vir God se bestaan kan seker op die hel ook toegepas word. Al is dit natuurlik nonsens is dit nie so maklik om te bewys dit is nonsens nie. Vir die wat nie weet waarvan ek praat nie, hierdie is min of meer hoe dit gaan.
1. Mens kan ‘n plek met die ergste ewige pyn en lyding denkbaar imagine.
2. Vir so ‘n plek om regtig ‘die ergste’ plek te wees moet dit bestaan.
3. Omdat jy dit kan imagine bestaan dit dus.
Terloops, ek persoonlik kan nie oneindige punishment vir eindige ‘sonde’ met ‘n God wat liefde is vereenselwig nie.
Reply
duskant – ek herkou nog ‘n bietjie daaraan
skoembs – ah, anselmus
sien, julle doen nou wat ek juis nie wil hê julle moet doen nie :p ek behandel die begrip “hel” soos dit nog deur baie kerke gebruik word (re: paragraaf 1) – ‘n poel vuur. die idee van iets wat die ergste lyding moontlik het, skemer nie altyd deur wanneer mense oor die hel praat nie. vir baie is dit juis net ‘n poel vuur. fundies, as jy wil.
ek kan ook nie lekker sien hoe dit rym nie, maar is bereid om te erken dat my onvermoë om iets in te sien, nie beteken ek is reg nie.
Reply
Btw, die “poel vuur” begrip is nie deur kerke geskep en aan lidmate voorgehou nie, dit kom as direkte verwysing in die Bybel voor op ten minste 2 plekke, alvorens die einste gryse Paulus (Openbaring 20 & 21).
Reply
skoembs, ek is vas oortuig God is netso regverdig soos wat Hy liefdevol en genadig is. reg is reg en verkeerd is verkeerd, sal seker altyd die menslike aard wees om ‘n loophole te probeer kry..
en in terme van die hel, jou argument val vir my so effe plat, Johan. dalk is ek te dom om dit ten volle te kan begryp though (BAIE moontlik). as ‘n blinde ou van ‘n duikplank afspring in ‘n lee swembad in, vasbeslote dat daar water in is, gaan hy homself nog steeds disnis val.
ek voel net nie my persepsie van iets gaan die aard daarvan hoegenaamd beinvloed nie.
Reply
daar is ook altyd die moontlikheid dat jy heeltemal reg is
miskien moet ek rephrase – ek dink ‘n mens se persepsie van iets gaan die aard daarvan vir jouself beinvloed. en ek meen – maak dit immers sin om van ‘n aard te praat wat ‘n mens nie kan beleef nie? (ek sê nie, ek vra
)
Reply
Maar imagine jy word in ‘n plek gegooi waar alles plaasvind op aarde, behalwe i.p.v die natuurlike elemente, is alles vuur, soos as jy AIDS kry, brand jy in jou are en orals waar daar ‘n trace van AIDS in jou liggaam is, die lug is vuur, alles is vuur, jou rekenaarskerm is vuur, die blog is binary vuur.
Eek.
Reply