Regerings moet gaan! (‘n parodie)

Ek betoog vandag voor julle as die stem van Rede en vra dat ons die abominasie genaamd “regering” van die aardbol sal afvee.

Julle mag dalk geskool wees in die antieke geskrifte van mal ou ooms soos Hobbes en Locke – julle mag dalk dink dat die natuurstaat een is wat ten alle koste vermy moet word, dat ons regerings nodig het, maar ek sê vandag vir julle: ons moet regerings wortel en tak uitroei, want dit veroorsaak niks minder as lyding en verdriet nie! Sedert die ontstaan van die vroegste statstate ongeveer 5000 jaar gelede het regerings hulself gevestig as ‘n nimmereindige bron van irrasionaliteit en onderdrukking.

Regerings alleen is verantwoordelik vir die meeste moorde wat tot op hede deur die mensdom gepleeg is. Die tweede wêreldoorlog alleen was verantwoordelik vir 72 miljoen sterftes, die eerste een 59 miljoen, die Mongoolse veroweringe het 60 miljoen lewens gekos, die An Shi rebellie 33 miljoen en die Taiping rebellie 30 miljoen. Op eie bodem het Shaka as koning van die Zulu’s 2 miljoen mense uitgewis en was Apartheid talle mense se lepels in die dak. Om nie te praat van die ongebreidelde hebsug en die onregte van kolonialisme nie. (En dis nie eers ‘n fraksie van alles wat in die afgelope paar millenia gebeur het nie.)

Dink Alexander die grote. Dink Julius Caeser. Dink Napoleon. Dink George W. Bush. Dink miljoene der miljoene mense sinneloos dood deur die jare – en vir wat?

Vir die groot Leviatan in die lug?

“Ja,” sê julle dalk, “maar die regering pas ons op. Die regering laat ons veilig voel en beskerm ons teen die kwade”. Snért! Seg ek. Kan julle nie sien hoe blind julle is vir die grootste onreg van alle tye nie? Regerings is ‘n bastion van lyding wat irrasionaliteit laat seevier! Regerings skree Rasionele denke dood!

Regerings. Respek? Ridikuul!

Kan julle sien hoe absurd hierdie soort argument eintlik is?

Post to Twitter

10 Responses to “Regerings moet gaan! (‘n parodie)”

  1. Hoe lekker verteer ek nou aan hierdie woorde. Dalk is regerings hel :smile:

    Reply

  2. Regering is versamelnaam vir rowers en moordenaars wat onder die dekmantel van politiek wegkom met hulle dade.

    Reply

  3. Regerings moet gaan!

    Reply

  4. in de basis is het leven gewoon niet eerlijk
    daar verandert de aanwezigheid of afwezigheid van regeringen niet zoveel aan denk ik, want zonder regeringen zou het ook barsten van de rovers en moordenaars

    politici zijn in principe gewoon uit de hand gelopen alfamannetjes – die om de zoveel tijd op een uit de hand gelopen manier hun gezag moeten laten gelden

    toch hoop ik nog altijd op een goede afloop :o )

    Reply

  5. Skerp!

    Kan ek net vra dat jy ASB jouself sal weerhou om Dubya se naam in dieselfde asem te noem as mense soos Alexander en Napoleon. ;)

    Reply

  6. Regerings moet bly. As dit nie vir regerings was nie, dink net hoe oorbevolk ons planeet nou al sou gewees het. ;-)

    Reply

  7. janeekyk ;)

    Reply

  8. Frank vir President!

    Reply

  9. Regerings is daar om te blameer as iemand ‘n grootte geniale blaps maak, soos as die ekonomie in duie stort, of die klere bedryf nogsteeds infant industry protection kort.

    Wie gaan ons blameer as Zuma verdwyn?

    We want to point the finger. We want to stick it to the man. Sonder ‘n regering gaan die lewe so dull, so free wees. Verbeel ‘n wereld waar microsoft geen restriction het nie, geen owerheid nie. CHAOS!

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled