Hoekom so amptelik? (Met strokiesprent!)

Soveel keer in my kort lewetjie al het mense (meestal kerkgangers of kerkhaters) my tydens gesprekke versoek om my amptelike standpunt oor 'n betrokke onderwerp op die tafel neer te lê.

Wat dink jy van Grootdoop?

What is your church’s stance on the Fruits of the Spirit?

Hoe oud glo jy is die aarde?

Wat dink jý van gays in die kerk?

Wat is jou opinie aangaande die uiters absurde aantygings teen Darwin en die flagrante misbruik van sy werke deur fundamentaliste om die rrrrrasionele waarheid te verbloem?

[spoeglel]

Hierdie vrae gaan gewoonlik gepaard met 'n deurborende kyk, wat opgewonde wag dat ek moet saamstem of verskil – want as ek saamstem, is daar solidariteit en as ek verskil, is daar 'n geleentheid om kloue in my keuse te slaan. En sou ek antwoord: “ek het nie een nie” of “hoekom moet ek een hê?” is daar gewoonlik verontwaardiging. Hoe kan ek nie 'n standpunt hê nie? 'n Mens moét tog 'n standpunt hê!

Hoe onbeholpe is dit soms tog nie om 'n onwrikbare standpunt oor iets te hê nie? Gaan dit enigiets verander aan die feite?

Wie gee om wat eie ék dink?

Kan ons nie eerder rustig saampraat nie? Moet daar altyd twee uiterstes wees waaraan deelnemers in 'n debat behoort? Kan ons nie eerder nugter en vriendelik uit ons eie ideologieë klim en oor die saak redeneer tot ons by 'n gemeenskaplike antwoord uitkom nie? Moét daar Twee Groot Almagtige Ewige Universele Opinies™ wees?

Hoekom so amptelik?

Hoekom soos die arme drommels in FIGUUR 1 stry as jy soos in FIGUUR 2 kan wonder waaroor alles (insluitende die bohaai) nou eintlik gaan?

Hoekom soos die arme drommels in FIGUUR 1 stry as jy soos die groot wenners in FIGUUR 2 kan wonder waaroor alles (insluitende die bohaai) nou eintlik gaan?

This entry was posted in Godsdiens, Mymering and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>