Oop brief aan karwag

Beste karwag

Ek gaan nie vir jou geld gee nie. Trouens, ek wil nie vir jou geld gee nie. Ons het nie 'n kontrak onderteken of 'n gesprek gevoer waarin daar breedvoerig ooreengekom is dat jy vir die duur van my doen en late sal rondhardloop en vir ander mense (met wie jy ook nie 'n kontrak geteken het nie) sal geld vra terwyl jy van tyd tot tyd na my kar staar nie.

Moet asseblief nie aanneem ek het ekstra geld om weg te gee nie. Ek is 'n student. Ek het nie. Ek is in elk geval nie 'n groot voorstaander van bedelary nie (ek glo jy moet werk vir wat jy wil hê) en hoewel ek besef dat dit nie presies is wat jy doen nie, is ek ook nie eintlik 'n groot aanhanger daarvan om vir mense geld te gee om onder bome te sit nie.

Moet my asseblief nie “boss” noem nie. Ek is nie jou baas nie. Jy is jou eie mens en jy verdien menswaardigheid. Moet ook nie vir my fluit en op my skree tot ek jou raaksien nie – ek verdien ook menswaardigheid. Ons verdien niks minder as mekaar se glimlagte en altemit so af en toe 'n vriendelike gesprek oor die weer nie. Maar 'n transaksie?

Die wonder van kapitalisme is dat ek kan kies vir wie ek my geld wil gee in ruil vir welke produkte en dienste ek ook al begeer. Deel van hierdie bestel is natuurlik ook dat jy entrepeneur kan speel en betaling kan kry om na karre te kyk, wat om die beurt beteken dat jy my nie kan dwing om vir jou geld te gee nie.

So moet asseblief nie betaling te wagte wees nie. Ek is seker daar is baie mense wat dit sal doen, maar ek gaan nie. Dis my (en jou) goeie reg.

Vriendelike groete

Jou medemens

n.s – Ek ken K53. Ek kan parkeer.

This entry was posted in Sommer and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>