Die afgelope 24 uur was 'n opwindende tyd in GME-wêreld. As jy iemand is wat opgewonde raak oor musiek of publikasiesagteware, lees verder:
1. Justin Tadlock het gister die Hybrid-tema vir WordPress vrygestel. Trou aan sy aard het Tadlock lank aan die tema gewerk en soveel as moontlik funksies daarin geprop. Die Hybrid-tema bied gebruikers verskeie CSS-template (Cascading Stylesheets) om mee te speel, 'n kragtige back end en ondersteuning vir child themes. Seker die aantreklikste glanspunt is die feit dat Hybrid alle SEO-werk (Search Engine Optimisation) self agter die skerms doen.
Tadlock se nuutste tema moet oudergewoonte nie met die eerste oogopslag beoordeel word nie, maar eerder gesien word as 'n raamwerk waarbinne idees kan blom. Oorweeg dit gerus as jy 'n nuwe blog wil begin.
2. Cobus Potgieter het gister drie splinternuwe videos uit sy nuwe reeks, die “Hybrid Series“, op Youtube vrygestel. Die naam van die reeks kom van Potgieter se implimentasie van elektroniese toerusting met sy huidige dromstel, sowel as die geborgde Cherrybomb snaredrum wat hy van uDrum ontvang het. Vyf kameras (die meeste tot op hede) is gebruik om die videos te verfilm. Vir die eerste keer praat Potgieter ook direk met aanhangers in 'n paar aparte monoloogvideos. Só speel 'n mens dromme: