Toe ek destyds rondgespeel het met spikkels (ja, dit is 'n erkende Afrikaanse vertaling vir “pixels”) in 'n poging om hierdie blog te ontwerp, het ek talle variasies van een of twee hoof-headers gemaak. Die basiese idee was die outjie hieronder. Hoewel hy glad nie gepas het nie (of eerder, hoewel ek hom nie toe kon laat pas nie – ek het intussen baie geleer), bly hy vir my mooi in sy eenvoud:
