Koos Kombuis is my vriend! Regtig, hy is!

Ek weet nie hoe die res van die wêreld tans daaroor voel nie (hoewel alles daarop dui dat hulle nog gaande oor die konsep is), maar ek is al vir 'n hele paar maande oor Facebook. Dis eenvoudig net 'n mors van my tyd, want dit breek een van die min taboes van die internet: dit spam my.

Niemand hou van spam nie. Nie eers as dit van jou vriende af kom nie.

Om eerlik te wees, ek gee nie om of jou nuwe applet prentjies van feetjies met my gesig kan merge as ek dit op my profiel installeer nie.Ek het nog nooit werklik omgegee oor “groepe” teen Facebook wat kwansuis gaan deure toemaak nie (hulle gaan nie, hulle maak geld daaruit). Ek raak baie, baie gatvol vir plaaslike bands se weeklikse flooding van my inbox (ek gee nie om of julle in Mellville optree nie, want ek woon nie daar nie) en ek het soveel “vriende” dat die begrip “vriend” heeltemal uitgedien geraak het. Koos Kombuis is my vriend. Casper de Vries is my vriend. Tera Patrick is my vriend. Nie een van hulle ken my nie.

Facebook se hoofsaaklike funksie is kommunikasie. Hulle sê self so:

Die probleem is dat dit amper irriterend geraak het om te kommunikeer met mense. Die oorgrote meerderheid kennisgewings wat ek via e-pos ontvang van Zuckerberg se breinkind, is dat nóg iemand my na nóg 'n groep uitgenooi het en nóg 'n swakgeskrewe Java applet in my keel af wil druk. Dis die soort boodskappe wat niemand regtig wil hê nie en daarom kwalifiseer dit as: dis reg, ja. Spam.

Nou mag jy dalk dink: “Ja, maar jy kan dit alles afstel!” Waarop ek hoflik by jou wil weet wat die hele punt daarvan in die eerste plek was? Hoekom verstekopsies só stel dat jou sosiale netwerk 'n spambom is? Erger nog, hoekom iets bedryf wat mense gereeld dwing om hulle posbusse skoon te vee van gemorspos? (Hoeveel mense ken jy wat gereeld in Facebook ingaan net om “ignore” by hul nuwe requests te klik?)

Kyk, ek het ophou omgee:

Ek is 'n ridder!

En dis hoekom:

Gee jy al om?

Facebook mors tyd. Dit help mense nie om te kommunikeer nie, maar eerder om te prokrastineer. Dis 'n sprekende voorbeeld van Baudrillard se hiperrealiteit – talle mense dink dis spesiaal as ander mense hulle poke (hoewel hulle dit nie kan voel nie), vir hulle drankies koop (wat hulle nie kan drink nie) of vir hulle 'n rugbybal gee (wat hulle nie kan skop nie). Ce n’est pas une boule de rugby, dêmmit, Ce n’est pas une boule de rugby!

Dis baie soos die destyds voorgestelde T-opsie vir die Universiteit Stellenbosch. In beginsel 'n droom, in die praktyk 'n mislukking. En seker die mees ironiese gegewe is dit: elke keer wanneer jy as gebruiker inteken, genereer jy geld vir Amerika terwyl jy onproduktief is in jou eie land. Spam vir jou vriende, geld vir mense wat jy nooit gaan sien nie.

Fenominaal.

Ten minste is Koos Kombuis my vriend.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>