As kinders in kettings sluimer (met apologie aan Whitestone Pictures)

Hierdie video is te mooi om nie met ander te deel nie. Dit beeld ‘n situasie uit wat meer vrae as antwoorde verskaf, sluit onvoltooid af en laat jou as kyker met ‘n warboel probleme om uit te pluis:

[youtube 42GDhHR_X3w]

Hoendervleis.

Hoekom is die gevangenes gevange? Hoekom sing hulle “there’s chains upon the children” binne ‘n duidelik godsdienstige konteks, terwyl hierdie kortfilm deels deur Plato se grotgelykenis geïnspireer is? Wat bevry hulle – godsdiens? Of hulleself? Hoe gaan ‘n Christen dit interpreteer? Hoe gaan ‘n Ateïs dit interpreteer? Watter boodskap stuur dit uit aangaande godsdienstige oortuigings wat in handeling gestalte kry? Is dit wat aan die einde gebeur reg of verkeerd? Vir wie is dit reg? Vir wie is dit verkeerd? Hoekom?

Hoendervleis.

Post to Twitter

4 Responses to “As kinders in kettings sluimer (met apologie aan Whitestone Pictures)”

  1. shoe nee ek sal weer moet kyk en luister

    Reply

  2. dis baie treffend, iets van Abraham? Ken nou nie Plato se grotgelykenis nie, like die song, maar nee nog nie goosebumps gekry nie, sal weer vanaand luister en dan sien wat my reaksie is, mens weet ooit mos met mensself nie en mens se reaksie op dinge nie, dit verander, soos die maan en soos die getye van die see

    Reply

  3. hehe, ja, ‘n mens kry mos maar vir verskillende dinge goosebumps.

    plato se grotgelykenis verduidelik sy epistemologie van die ideale vormryk. wat vir my interessant is, is dat daar hoegenaamd nie ‘n christelike agtergrond agter plato sit nie – wat vir my selfs nog interessanter is, is dat daar vreeslik baie Plato in die Christendom sit (veral in die konsep van “die hemel”).

    dis ‘n mooi song, eh? :)

    Reply

  4. Plato moes eintlik gekruisig gewees het :wink:

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled