Omstreeks 'n driekwartier gelede het 'n passasiersbus in Heerengrachtstraat (in Kaapstad) ontplof. Volgens omstaanders is niemand beseer nie (die bus het glo heel ironies oomblike voor die ontploffing 'n gebarste band opgedoen en almal moes uitklim). Ek was in die kafeteria op die 22ste verdieping van die Naspersgebou toe dit gebeur het – 'n dik, swart rookkolom het bo die gebou uitgetoring terwyl dit gebrand het.
Foto’s van die brand het oomblikke daarna via e-pos begin sirkuleer. Hier is een wat 'n kollega met sy selfoonkamera geneem het (ek plaas myne sodra ek by die huis kom):
*edit*Verskeie nuusberigte bevestig dat dit die enjin was wat ontplof het. Die storie oor die gebarste band blyk egter vals te wees.*edit*
