Hier is 'n paar foto’s van die bus wat gister in Heerengrachtstraat ontplof het. Die eerste foto is geneem vanuit die kafeteria op die 22ste verdieping van die Naspersgebou terwyl ek besig was om 'n toebroodjie te bestel. Die kwaliteit is maar power (subpar selfoonkamera + haastige hande = blurred foto’s), maar dit behoort 'n idee te gee van hoe hoog die rookkolom was. Die oorblywende vyf is geneem toe die brandweer reeds op die toneel was en die brand onder beheer gehad het.
Riveting stuff.





