Raad vir LitNet (om radeloosheid te voorkom)

LitNet sukkel nog stééds met trefslagbedrog. Meen Melt Myburgh:

Ons merk op dat sekere bloggers se bladlese steeds gemanipuleer word. Ons doen 'n beroep op besoekers aan LitNet-blogs om hulle te weerhou van hierdie aktiwiteit.

‘n Mens wil skree as jy dit lees. Dis soos 'n kindjie wat elke paar minute in 'n muur vashardloop en dan die muur versoek om te skuif. Die internet werk nie so nie, wil 'n mens hulle berispe: mense gaan nie ophou om iets te doen omdat jy hulle soebat nie. (Dis ook nie juis 'n effektiewe manier om die boodskap oor te dra nie, aangesien weinig mense dit gaan lees om mee te begin.)

Ewenwel.

As iemand van LitNet hier lees, stel ek die volgende voor: gratis statcounters. Die internet is vuil van die goed; julle hoef nie die wiel van voor af uit te ontwerp nie. Probeer StatCounter of SiteMeter. Gebruik die unieke besoekerstalsyfers; dis moeiliker om te manipuleer. As dit nog steeds nie werk nie en daar is regtig 'n bose kuberkraker wat op jul nek sit, huur 'n programmeerder om 'n toepaslike algoritme te skryf. Dit gaan julle 'n paar duisend rand kos en dan is alles 'n saak van die verlede. (As julle nie lus is om te betaal nie, krap rond by Sourceforge of PHP.net.)

Daar is 'n deur in die muur. Gebruik dit.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>