Die relevansie van YARPP

Uiteindelik! Na 'n ellelange gesukkel deur forums en reëls PHP (wat ek nie eintlik baie goed ken nie) het ek YARPP suksesvol geïmplimenteer. YARPP (“Yet Another Related Posts Plugin”) is 'n WordPress plugin wat die inhoud sowel as die metadata (tags, kategorieë) van bloginskrywings skandeer en inskrywings wat moontlik daarmee verband hou, lys.

Om 'n lang storie kort te maak: die plugin het konstant dubbele output gegee – daar was skakels na verwante inskrywings net na die inhoud van elke inskrywing, maar daar was ook 'n ekstra division (<div>dit lyk so, as jy omgee</div>) met dieselfde inhoud wat ek om die dood nie kon uitkry nie. 'n Inskrywing het dus so gelyk:

Titel –> Inhoud –> Verwante inhoud –> Verwante inhoud –> [Die res]

Die tweede division met die duplikaatinhoud wou net nie wyk nie – tot ek gisteraand ontdek het die fout lê nie by die plugin nie, maar by die Options-tema wat ek vir hierdie blog gebruik. Daar, in loop-functions.php (wat, as ek dit reg verstaan, direk in die befaamde WordPress Loop gehook word), staan dit toe:

// Related posts
function op_related_posts($related_posts = true) {
if(function_exists('related_posts')) {
echo '<div id="related" class="section">';
echo '<h3 class="section-header">'; _e('Related Posts','options'); echo '</h3>';
echo '<ul>'; related_posts(); echo '</ul>';
echo "</div>\n";
}
}

Dit was een van daardie oomblikke wat 'n mens jou kop stelselmatig teen die tafelblad wil begin hamer. Al wat ek moes doen, was om die hele ding uit te comment. Nou het julle skakels na verwante inskrywings onderaan elke enkelinskrywing en ek is nou net 99.5% 'n PHP n00b (ek dink my ekspidisie is 0.5% werd, of hoe?). Klik op die titel van hierdie inskrywing en beleef dit vir jouself.

And there was much rejoycing.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>