Hoe om te blog – ‘n reeks

In die loop van die volgende paar weke gaan ek 'n algemene reeks oor self hosted blogging met WordPress vrystel. Dít volg nadat ek talle verwysings van Google gekry het met soekterme soos “wat is 'n blog”, “hoe blog 'n mens”, “hoe begin ek 'n blog” en dies meer. Dit blyk dat die blog-gogga besig is om aan Afrikaanssprekendes te knibbel. Gesien in die lig van Naspers se onlangse aankondiging dat tot 20% van die poste by Afrikaanse dagblaaie gesny gaan word, sowel as die meesleurende politiek wat homself voor die nasionale verkiesing van 2009 afspeel, is dit dalk nie te vergesog om te dink dat 'n saadjie citizien journalism (“burgerjoernalisme” is net té dubbelsinnig in hierdie konteks) besig is om in Afrikaanssprekendes te ontkiem nie.

Gaan ons ons eweknieë in Amerika se voorbeeld (dink Rathergate, dink Pajamas Media) begin navolg? Dis heeltemal vroeg om 'n raaiskoot te waag. Indien dit egter gebeur, gaan burgers (ha!) 'n platform nodig hê om hul pajamapropaganda die wêreld in te stuur. Ek is 'n skaamtelose WordPress-aanhanger, dus glo ek die beste manier om jou gedagtes aanlyn te publiseer, is deur Ma.tt se breinkind in te span - die reeks sal dus hoofsaaklik fokus op publikasie met WordPress. (Dit beteken egter nie ek skiet enige ander platform af nie.)

Die idee is om tutoriale so uitgebreid moontlik te maak en alles – van die aankoop van webspasie en DNS-registrasie tot moontlike monetization – onder die vergrootglas te kry. Uit die aard van die saak (en omdat ons in die era van crowdsourcing leef) weet ek nie alles nie en sal ek inskrywings opdateer met bykomende inligting wat ek via kommentaar, die kontakvorm of e-pos ontvang.

Hou gerus hierdie spasie dop.

This entry was posted in Blogging and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>