Lank lewe die skisofrene: Elemental skop af teen 70 BPM

Dankie dat julle julself verspan het. Die eerste resultaat is hier!

Elemental is 'n medewerking tussen myself en Pagoda32. Ons weet nog nie mooi wat dit gaan word of hoe dit moet klink nie, maar een ding is seker: ons sien uit daarna om dit te kyk hoe dit ontwikkel. Ons hoop julle ook.

elemental-klein

Elemental. Want die 80's was cool.

Die basiese idee is dit: Pagoda komponeer dansmusiek (luister gerus na van sy komposisies by Download.com) en is goed gekonfyt met Fruity Loops. Ek is self nie te vrot met vervaardiging nie en tokkel so af en toe in my kamer met die volumeknoppie op 11. Ek is 'n rocker met 'n voorliefde vir klassieke musiek, Pagoda is 'n raver met 'n oor vir drum & bass. Ons eksperimenteer tans met 'n samevoeging van die twee genres. Die eerste poging heet “Schizophrenic”:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Persoonlik is ek gelukkig met alles behalwe my kitaarwerk (dis plek-plek slordig), maar julle behoort die basiese konsep van wat ons probeer doen, vinnig op te tel. Vertel gerus wat julle dink!

Laai die mp3 weergawe hier af.

This entry was posted in Musiek and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>