Google Friend Connect: klik tot jou kop ontplof

Nadat ek Crowdsourcing gelees het, vasgesit het in die verkeer en baie pizza geëet het (my werkgewers is goeie mense), het ek 'n paar minute gelede tot die slotsom gekom dat ek Google Friend Connect op my blog moet laai. Ek het nie vreeslik baie ooghare oor vir Facebook nie (trouens, ek is nie juis een om halsoorkop deur 'n sosiale netwerk te buitel as ek tyd het om te mors nie) en selfs al beskryf TechCrunch Google se nuwe funksie in terme van die lang stert:

Friend Connect is geared at the Long Tail of small sites that don't even have any user information. It allows them to tap into bigger sites and piggyback on their user sign-in and registration, list of friends, and interactions between those friends. It takes advantage of many existing standards, including Facebook’s (it is not an official partner, but it Google is taking advantage of its published APIs). Of the many standards emerging, Glazer thinks that OAuth is the way to do it right.

Is die hoofsaaklike rede hoekom ek dit opgesit het hierdie uiters nuttelose, uiters verslawende applet:

Die persoon met die meeste klieks wen! ONGELOOFLIK! Om deel te neem aan hierdie epogmakende stryd, teken in op die Friend Connect widget langs hierdie inskrywing met jou Google, Yahoo, OpenID of AIM account. Scroll dan af tot by die heel onderste widget in my sidebar en klik tot jou kop ontplof. Die persoon met die hoogste getal is die Groot Wenner™.

Teken in. Scroll Af. Klik. Vertel jou ma.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>