Monthly Archives: January 2009

‘n Wenk vir die joolkomitee van 2010

Ek het gisteraand vir die eerste keer venstervertonings by die US gaan kyk as 'n inwoner van Huis de Villiers (where students go to die) en skielik besef die joolkomitee maak jaar na jaar 'n onnutsige foutjie. Sien, hulle kry die Stellenbosse verkeersdepartement om alle toegang tot die kampus af te sper, met motors en [...]

Posted in Matieland | Tagged , , , | 24 Comments

Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 16.0)

Hoekom loop en drink 'n mens tee uit 'n vol koppie al het dit die vorige keer gemors?

Posted in Mymering | Tagged | 15 Comments

DSP Episode 8 – Frank het ons gefnuik

Die Silwer Ponie is terug vanuit Salzburg! En hy rus nie op sy louere nie. Vandeesmaand se toekenning behoort aan 'n blogger wat dit kon regkry om die hele blogosfeer te fnuik. Sy metode was bruusk, dog elegant. Luister gerus hoe hy dit reggekry het: (Spits ook jou ore vir 'n eksklusiewe onderhoud waarin die [...]

Posted in Blogging | Tagged , , | 14 Comments

Brekende nuus: ons is nie die nuus nie

‘n Mens hoor gereeld hoe die internet besig is om koerante se lewensbloed vol gif te pomp. Sommige sê blogs, twitter feeds en soortgelyke gereedskap is die nuusdraers van die 21ste eeu. Party noem dit die nuwe media (vurige aanhangers gebruik hoofletters) en glo dat nuus soos ons dit ken, besig is om uit te [...]

Posted in Media | Tagged , , , , , , , | 30 Comments

Hoe generies kan ‘n verhoognaam raak?

Die Jurie Els vs Robbie Klay saak is uiteindelik aan die vervolgingsgesag in Pretoria oorhandig. Die oponthoud is veroorsaak deur 'n regstegniese fout. Meen Beeld: Dit gaan daaroor dat die naam Robbie Klay nie in die nasionale bevolkingsregister bestaan nie. Hy is Robert Patrick Klaasen gedoop. Ietwat fassinerend, né? Klay se oorspronklike naam was natuurlik [...]

Posted in Musiek | Tagged , , , , , , , | 14 Comments