‘n Vragie vir die Afrikaner met die skoen wat netjies pas

urgh

urgh

Liefste Afrikaner

Jou taal en kultuur is nie onder skoot nie. Nie deur die huidige regering se toedoen nie, in elk geval. Jy het jou eie radiostasies, tydskrifte, koerante, televisiekanale, kunstefeeste, monumente, 'n groeiende bloggemeenskap, kultuurverenigings, 'n universiteit of twee wat jy vir jouself wil behou en wie weet wat nog. Boonop het jy koopkrag. Jy is ryk. Jy besit die strandhuise en die blink karre en die vermoë om oorsee te vlug as dinge te rof raak; jou gewilde Afrikaanse sepie op SABC2 word uitgesaai in die duurste tydgleuf in die hele land. Sou jy wou, kan jy 'n leërskare supersterre of digters kweek.

Maar jy sanik. As iemand 'n straatnaam wil verander of 'n lingua franca besig wat jy nie verstaan nie, gooi jy 'n vloermoer. Dan munt jy slagspreuke soos “Afrikaans is bakgat”, “Ek kan rock in my taal” en “Wys my nog 'n taal wat jy kan gooi soos Afrikaans”. Jy organiseer kunstefeeste sonder kuns. Jy stel CD’s oor rugby en drink en braai en sokkie en stamp en bokjol vry, doen mee met noeste vlyt, braak in obskure klere en regverdig hierdie karnavaleske bazaar met die rasionaal:

“MY TAAL STERF UIT! EK STAAN OP VIR MY KULTUUR!”

ARGH!

eeuuughh

So nou wonder ek: hoe sou die wêreld lyk as jy minder bitch en moan oor die marginalisering van jou Taal en eerder vir 'n slag self leer spel? Jy weet: een woordjie, een begrip. Dalk 'n komma voor “want”, “maar” en “omdat” en tussen werkwoorde. Hoofletters vir eiename. Minder anglisismes. Ten minste een werkwoord in 'n sin. Basiese goedjies.

Onthou jy matriek?

This entry was posted in Politiek and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>