Sê van hom wat jy wil, maar Steve Hofmeyr is 'n geniale speler van die vermaaklikheidsmark. Enigiemand wat sulke reaksies op 'n Facebook-groep (vir sy blog wat nie eers meer bestaan nie) kan veroorsaak:
Weet een ding, almal wat so kritiseer en lelike aanmerkings maak oor wat Steve gedoen het, een vraag aan jul almal: HOEVEEL GERAAMTES STEEK JULLE IN JULLE KAS WEG? Los vir Steve en haal eers die balk uit jul eie oe, dan praat ons weer!
Dit maak my so vies as mense net heeltyd kan skinder oor ander, maar vergeet van al hul sondes. Steve is net so 'n mens soos ek en jy, ek dink die mense wat so diskrimineer teen hom is net jaloers omdat hulle strewe na sukses maar eintlik nog niks bereik het in hul lewens nie..GET OVER THAT!
[...]
Steve vir jou wil ek net se, bly net soos jy is, want jy is UNIEK!
(Yolinde Nieuwoudt)
…is 'n uitstekende bemarker. Om kanniedood-aanhangers soos die bostaande te kweek, is makliker gesê as gedaan. Dis sulke aanhangers wat koop wat jy vrystel, irrelevant van wat dit is. Hofmeyr is 'n handelsmerk met fut, sy aanhangers is lojaal till kingdom come, Hofmeyr se sakke bult al die pad bank toe – wat meer soek jy in hierdie bedryf?
Genius. Pure genius.