Kurt Darren is ryk want Kurt Darren werk

Onthou jy vir Heinz, Anke en Karin?

Vaagweg, dalk?

Ondanks Randal Abrahams se verbale aanslae het elkeen van hulle op ‘n tydstip Idols Suid-Afrika gewen – en almal het van hulle vergeet. Hoewel elkeen ‘n mate van kommersiële sukses bereik het (veral Heinz Winkler, wie se albums goed verkoop en op die klankbaan vir Disney se Treasure Planet te hoor is), is hulle jare ná die kompetisie steeds nie die supersterre wat die program beloof om te skep nie. Nie in die oë van die Suid-Afrikaanse publiek wat vir hulle gestem het nie, in elk geval.

Dis tog hoekom mense aan die program deelneem, is dit nie? Hulle is lief vir musiek en kan miskien ‘n hond uit ‘n denneplantasie sing, maar bowenal soek hulle roem. (As dit ‘n geval van l’art pour l’art was, sou niemand tog getraak gewees het met televisieverskynings en volgeboekte toere nie.) Hoekom kry wenners dit dan nie?

Die groot trekpleisters by kunstefeeste en ander groot vertonings is steeds die “ou hande” in die bedryf van ligte popmusiek – Kurt Darren, Laurika Rauch, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr. Almal wat hulle agterstewes self vir jare flenters gewerk het. Die jong name wat wel by hierdie geleenthede optree, val in dieselfde kategorie as die Idols-wenners – hulle is nou gewild, maar oor 3 jaar twyfel ek of hulle almal steeds “supersterre” sal wees wat groot konsertsale met gillende gehore vul.

As ek ‘n raaiskoot moet waag, is die rede hiervoor ‘n eenvoudige paradoks wat in Idols opgesluit lê. Dit kweek nie ‘n superster nie: dit kweek die volgende superster. Volgende. ‘n Nuwe een. ‘n Weggooibare produk. Dit trek duisende deelnemers met (super)sterre in hul oë en belowe hulle roem tot in alle ewigheid++, maar produseer daarenteen kitswenners wat eintlik maar net gewild is tot die volgende een die (kortstondige) troon bestyg.

Harde werk – dis al wat werklik vrugte sal werp. 10 000 ure se harde werk. Bloedsweet in klein klubs, moeilike bestuurders, volgelaaide Ventertjies en leë sale op klein dorpies. Dit behoort eintlik vanselfsprekend te wees, maar jaar op jaar breinponkie televisiestasies ons om die teenoorgestelde te glo.

Dis clichématig, maar dis waar – die beste kommersiële musikante is dié wat eens op ‘n tyd skaamgekry het vir hul venues.

Post to Twitter

22 Responses to “Kurt Darren is ryk want Kurt Darren werk”

  1. Johan, weereens ‘n fantastiese analise.

    Reply

  2. Uitstekend opgesom. NIKS val in jou skoot nie, as jy iets wil verdien verg dit ongelukkig werk. Ek dink die meeste van daai “ou” name het moontlik in die begin amper verniet opgetree, maar hulle wou dit maak werk – en het toe hulle gatte afgewerk!

    Reply

  3. Hoekom is ek 2 keer in die click boksie?

    Reply

  4. Spyker op sy kop. Ek dink waarna jy verwys, is die tendens van eendagvliee: vandag mode, more gister se nuus. En daar is so baie van hulle.

    Reply

  5. frank botha, demoerin, boerinballingskap – baie dankie! ek dink self ek’s redelik akkuraat ;)

    demoerin – hmm…ek weet nie. dalk het jy voorgeloop?

    Reply

  6. Johan. Ek dink jy slaan die spyker reg! Dit gaan oor harde werk. En om die teikenmark te verstaan. Het jy al die lekker stories op http://www.huisgenoottempo.com gelees?

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    ek het, ja. wat veral verblydend is, is dat hulle fokus op hele afrikaanse musiekmark en nie net die sokkiestampjoltreffers nie. ek dink die tydskrif het die potensiaal om iets groot te raak.

  7. Oorspronklike musiek bly vir my altyd iets besonders en ‘n groot trekpleister. Idols… duh.
    Supersterre… super duper duh. “Sproetjies, liefling…” ah damn get a life.
    Chris Chameleon is een van my gunstelinge.

    Reply

  8. Ek dink een van die groot probleme hier is dat die newbies half hierdie visioen het van Amerika. Die Miley Cirus en Jonas Brothers ens. Daai teikenmark is seker miljoen maal groter as hier…. en omdat ons hier aan die anderkant sit weet ons nie van al die mislukkings nie.
    Aan die anderkant dink ek Wolf het ‘n punt beet met die oorspronklike musiek, ja, die la-la sokkiemusiek het seker sy plek, maar die musiekaanhangers en individuele kunstenaar ondersteuners soek ietsie meer oorspronklik gepaardgaande met iemand wat weet wat om met hulle stemme aan te vang en gevoel insit waaroor hulle sing.
    As ek ‘n sokkie cd sou wou koop (behoede my) gaan ek ‘n kompilasie koop, nie ‘n hele cd van 1 kunstenaar/groep nie.

    Reply

  9. van daai liedjies is glad nie sleg nie. kurt darren het ‘n hele paar goeies, waarvan hy nie naastenby almal geskryf het nie. die ergstes is liedjies geskryf deur grootmense wat klink asof dit deur tieners geskryf is.

    “ja, my baby, ons gaan sokkie vanaand, my baby. dis naweek en ons gaan dans tot ons bene blou is.”

    kyk: the mindfucking of the proletariat.

    Reply

    demoerin Reply:

    Kurt mag dalk ‘n uitsondering wees, maar nie my cuppa tea nie. Kom seker maar weer neer op persoonlike voorkeure (miskien ouderdom? :lol: )

    Reply

    demoerin Reply:

    Kurt mag dalk ‘n uitsondering wees, maar nie my cuppa tea nie. Kom seker maar weer neer op persoonlike voorkeure (miskien ouderdom? :lol: )

    Reply

  10. Iets wat nie genoeg genoem word nie, is dat die eerste Idols 100% net ‘n gewildheidskompetisie was. Die stemmery het begin die week voor die optrede, en opgehou net na hulle gesing het. M.a.w. die stemme het NIKS met die optrede te doen gehad nie, want dit kon nie. Die rede daardie tyd was glo dat Telkom nie die kapasiteit kon verskaf om die stemmery binne ‘n dag of 2 na die optredes af te handel nie. So is Idols eintlik baie vroeg al ontbloot vir wat dit regtig is. Dat iemand daarna nog verbaas was dat die wenners nie werklik ‘n impak maak nie is die skokkende nuus.

    Reply

  11. Ek is jammer demoerin, maar ek kan nie saamstem nie. As oorspronklikheid werklik die maatstaf was van wat verkoop en wat nie, sou Rikü Latti seker al ‘n miljoenêr gewees het.

    Inderdaad sal ek vir Kurt Darren ‘n applous gee: hy het hard gewerk om te kom waar hy is. Heinz en sy vrou was nou die dag op die voorblad van Lig, ek dink. Daai “geestelike tydskrif” wat eintlik net ‘n christelike tydskrif is.

    Reply

    demoerin Reply:

    Ek sou eerder sê oorspronklikheid, en dan aanbieding, is meer ‘n maatstaf van wie gaan bly en wie gaan in die hek duik. ‘n Song wat self geskryf is, en persoonlike verwysing het, gaan 100% beter gesing word deur die skrywer. Wie is Riku Latti? Laat ek gou gaan google.

    Reply

    Jakkals Reply:

    Daarmee stem ek 100% saam.

    Reply

    Jakkals Reply:

    Maar dit verklaar steeds nie hoekom Kurt Darren, so hard soos wat hy werk, meer cd’s verkoop as sê nou maar Piet Botha nie, wat ook fokn hard werk nie.

    “My volk het van my afgevrot/wat gaan van die vrot volk word?” – Ingrid Jonker

    “So haat my want ek vrees my nasie!” – Fokofpolisiekar

    Johan Swarts Reply:

    piet botha het nie groot korporasies met baie geld wat agter hom sit nie. dis tradisioneel een van die voordele (en vloeke) van rock – musikante kan doen wat hulle wil en doen gewoonlik sommer hul eie PR, maar dis weinig so kragtig soos dié van kommersiële musiek. in daai opsig, ironies, is fokofpolisiekar en kie uiters kommersiëel. wynand myburgh-hulle promote van fpk en die spinoffs soos besetenes – en dit werk. vandaar maatskappye soos de platekompanje en punkskelm.

    onhou egter, net omdat piet botha nie miljoene per cd betaal word nie, beteken dit nie sy musiek is swakker of hy gaan mank aan aanhangers nie. inteendeel. geld is nie noodwendig die metrum van sukses nie. (of is dit?)

    So dan stem ek seker eintlik nie 100% saam nie.

    Jakkals Reply:

    Maar dit verklaar steeds nie hoekom Kurt Darren, so hard soos wat hy werk, meer cd’s verkoop as sê nou maar Piet Botha nie, wat ook fokn hard werk nie.

    “My volk het van my afgevrot/wat gaan van die vrot volk word?” – Ingrid Jonker

    “So haat my want ek vrees my nasie!” – Fokofpolisiekar

    Jakkals Reply:

    So dan stem ek seker eintlik nie 100% saam nie.

    Jakkals Reply:

    Daarmee stem ek 100% saam.

    Reply

    demoerin Reply:

    Ek sou eerder sê oorspronklikheid, en dan aanbieding, is meer ‘n maatstaf van wie gaan bly en wie gaan in die hek duik. ‘n Song wat self geskryf is, en persoonlike verwysing het, gaan 100% beter gesing word deur die skrywer. Wie is Riku Latti? Laat ek gou gaan google.

    Reply

  12. Aai, Heinz speel ‘n sexy ginekoloog in Binnelanders, aai, maar hy is mooi…

    Reply

  13. Ware woorde werk, werk, werk!!! Die rede hoekom die idols nie die ware supersterre is wat hulle veronderstel is om te wees nie , is omdat hulle hul tyd wy om plagiaristies te wees. As dit die regte naam is?Hulle sing ander se songs en “panelbeat” net ware sterre se songs, dis al.

    Klein begin en bloedsweet is die wagwoord en natuurlik oorspronklikheid mens is al gatvol vir tienduisende Steve Hofmeyers, Elvis Presleys en Shania Twains.

    Reply

  14. Johan wat van `n artikel oor tantieme/royalties wanneer moet `n wannabe, `n hasbeen of superstar vergoed vir gebruik van sy materiaal hetsy geskrewe (ongepubliseerde) of gepubliseerde werke.

    Reply

  15. [...] Macarena? Die Big Green Clean Machine? Daai potsierlike deksels vir koeldrankblikkies? Enige van die vorige Idols-finaliste? (Gaan jy vanjaar se wenners oor drie jaar op straat [...]

Leave a Reply

CommentLuv Enabled