Ek is nie juis 'n bemarkingsghoeroe nie, maar ek het 'n spesmaas pamflette onder ruitveërs is van die mees nuttelose advertensievorme op aarde. Ek het in my lewe nog nie een in detail bekyk nie – ek frommel hulle op en gooi hulle weg sodra ek kans kry. Nie eers die Baxter-teater se advertensie vir Stuart Taylor se “Learner Husband”, wat gister na werk in die vorm van 'n verkeerskaartjie met taai kleeflint teen my motorruit geplak was, kon my aandag trek nie:
Hulle kan dit gerus vir bemarkingstudente op universiteit leer: dis nie lekker om taai kleeflint van jou ruit af te trek of traktaatjies teen 120 km / h teen jou voorruit te sien wapper nie.
Regtig.
Verfris hierdie bladsy 1337 keer as jy nie weet wat Worldspawn beteken nie.
