Apple nóg man nóg muis
Met apologie aan Emil Jung
Soos voorheen genoem, werk ek bedags op ‘n Apple Mac. OSX is steeds nie vir my te watwonders nie (hoewel ek exposé nogal in Windows 7 sal waardeer) en die peperduur Cinema Display se staander kan nie eers die skerm se hoogte verstel nie. Dit bring mee dat ek my nek teen vreemde hoeke moet buig om werk gedoen te kry of Kollega A (hy eet appels) se gerieflike houtstaandertjie moet gaps:
Kollega A is ‘n aangename mens, so dit laat my met ‘n seer nek. Dis egter nie al nie – aan die einde van elke dag sit ek ook met seer vingers.
Sien, nog iets wat Apple nalaat om klante te vertel, is dat hulle muise van die mees ongemaklike toestelle op aarde is. Dis plat, wit en baie plasties – en dit pas nie juis in die natuurlike kurwes van ‘n hand nie. Bowenal is dit moeilik om bloot daarmee te klik. ‘n Aansienlike hoeveelheid krag word vereis om die muis se enkele knoppie af te druk. Trouens, dit ís ‘n knoppie:
Die probleem?
Apple se bedryfstelsel, sowel as baie van die programmatuur wat daarby verpak word, vereis dat jy gereeld moet regsklik. In plaas daarvan om jou middelvinger te gebruik soos Moeder Gates dit bedoel het, moet jy jou ander arm al die pad na die sluitelbord beweeg (wat vir Kollega A ‘n onoorbrugbare probleem skep, aangesien hy moontlik ‘n appel in sy linkerhand kan hê) en CTRL inhou terwyl jy die harde, onvriendelike muisknop moet pers met elke krieseltjie krag in jou vingers.
Daarom lyk die punt van die Microsoft-muis wat ek agter uit die ateljee gekrap het se draad tans so:
En die Apple klikgewas s’n so:
Myns insiens is dit bloot nog ‘n voorbeeld van Apple wat die planeet breinponkie om meer te betaal vir uiters gemiddelde produkte. Kyk byvoorbeeld hoe besing hulle die lof van die Mighty Mouse:
In the beginning, there was one button. Then there were two. Then there were clickable scroll wheels and programmable toggles and solid-state slides. But nobody made a mouse as easy to use as your Mac. Until now. Mighty Mouse combines the capability of a multibutton mouse with Apple’s signature top-shell design for the best of both form and function. Use it any way you work: Stick with single-button simplicity or click with multibutton efficiency.
Vertaling: Ons het ‘n muis gemaak met presies dieselfde funksies as enige ander muis op aarde en, desnieteenstaande die feit dat ons muis presies dieselfde as jou muis kan doen, is ons s’n makliker, meer divers en beter om te gebruik. Want ons sê so.
Blik op realiteit: Dis ‘n oorgewig, harde, ongemaklike stuk plastiek met (in die geval van die draadlose weergawe) swak tracking speeds en ‘n buitensporige prys. R769 vir iets wat in die drom hoort.
WTF.






Ek kan nie veel byvoeg buiten om jou skrywe te beaam nie. Die 6 maande wat ek met ‘n Applemuis gewerk het, was van die ongelukkigste van my lewe. Om dood eerlik te wees, Apple was vir my oor die algemeen crap, maar ek het nie die IT leksikon om mooi te verduidelik nie.
Reply
nee kijk johan, het zit zo: bij apple snappen ze dat het niet de bedoeling is om te eten en te werken tegelijk
en daarom maken ze hun muizen zo dat het onmogelijk is om te eten en te werken tegelijk
hulde aan apple!
Reply
a nee a, scienex, wat is ‘n sleutelbord sonder ‘n krummel?
piesangverkoper – apple sal sê jy het nie nodig om terminologie te begryp om hulle rekenaars te gebruik nie: it just works. “crap” is pretty much ‘n beskrywing waarvan hulle sal hou
Reply
bij mijn collega (collega J) klop ik soms hele maaltijden uit zijn toetsenbord
verschrikkelijk vind ik dat
ik houd nogal van orde en netheid
)
mijn buro is strak, netjes, en schoon (en zo hoort het)
clean desk policy hoog!
(in andere woorden: ik ben een labiele neuroot die niet kan werken in chaotische omstandigheden)
Reply
En so word ons almal maar gebreinponkie…..
Reply
“Blik op realiteit”
My volgende rekenaar is sonder enige voorbehoud ‘n Apple Mac! Wie gee om vir ‘n middelvinger.
Reply
Knock yourself out. Soos ek al vantevore geskryf het: Mac’s kan ‘n job baie goed doen, maar so ook Windows. They’re not all they’re cracked up to be. Nie vir my nie, in elk geval.
You’ll just be wasting your money. But that’s just me
Reply
Mhmm, gaan steeds jou gat skop met grafika! In die toekoms …
Reply
Ek laaik daai Apple affêre. Want ek kan die hele Jenna Jameson website deurblaai sonder om ‘n trekkie oor te slaan of hande te verwissel.
Reply
Reply
Reply
emil – nee, maar sien, dis die clincher. jy gaan nie. OSX se integrasie van opengl is tot vandag toe, om die minste te sê, power. en once again – jy gaan presies dieselfde CPU, presies dieselfde GFX kaart en probably presies dieselfde RAM in jou Mac hê as wat ek op dieselfde tydstip in my Windows / Linux PC gaan hê, maar jou Mac gaan vier keer meer kos as my PC en ek gaan presies dieselfde met my PC kan produce as wat jy met jou Mac kan produce. Of jy multicam NLE video production wil doen of super high res photo editing, my PC gaan dit net so goed, if not better, as jou Mac doen. net, jy gaan ‘n gat in jou wallet hê om presies dieselfde as ek te doen en ek gaan meer geld vir advanced sagteware hê om my graphics in elk geval beter te laat lyk as joune. So whê
kromdoos – dis ‘n waterdigte argument, ek het nog nie daaraan gedink nie…
demoerin – daar’s altyd BSD
Reply
johan… had jij niet iets tegen anglicismes?
Reply
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 11:15 am
hang af
Reply
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 11:15 am
hang af
Reply
Reply
dis reg, jy gaan steeds ‘n apple mac hê.
sien jy die probleem hier?
Reply
Emil Reply:
January 20th, 2009 at 2:51 pm
“OSX se integrasie van opengl is tot vandag toe, om die minste te sê, power” – power to the Mac, seg ek. Weerspreek jy nie jouself so ‘n bietjie nie
Reply
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 4:26 pm
nee, man. lees “power” in afrikaans. dit beteken swak / onvoldoende.
Reply
Emil Reply:
January 20th, 2009 at 5:36 pm
whaaaaaa
aaaaaaaaaa
aaaaaaa!
Apple Mac praat net één taal: efficiency!
Emil Reply:
January 20th, 2009 at 5:36 pm
whaaaaaa
aaaaaaaaaa
aaaaaaa!
Apple Mac praat net één taal: efficiency!
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 4:26 pm
nee, man. lees “power” in afrikaans. dit beteken swak / onvoldoende.
Reply
Emil Reply:
January 20th, 2009 at 2:51 pm
“OSX se integrasie van opengl is tot vandag toe, om die minste te sê, power” – power to the Mac, seg ek. Weerspreek jy nie jouself so ‘n bietjie nie
Reply
er zijn twee soorten mensen?
)
is dat het probleem?
Reply
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 4:27 pm
daar mag dalk soms stemme opduik in my harsings…
Reply
Johan Swarts Reply:
January 20th, 2009 at 4:27 pm
daar mag dalk soms stemme opduik in my harsings…
Reply
Reply
appleponkie
Reply
lol!
Reply
Liewe Johan.
1. Die Apple muis kan gekomstomiseer word. In System Prefs, kyk onder muis, en ‘n gerieflike groot kaart van die muis wys dan vir jou watter dele van die muis knoppies kan word – alles met verskillende funksies. Wonderlik! Sommige hoef jy net sagkens te streel, dan voer die Mac jou opdrag uit.
2. Ek daag jou uit om ‘n Wintel kombinasie aanmekaar te sit wat ‘n kwart kos van die Mac van jou keuse, insluitende gratis sagteware.
Ek sien uit hoe jy hierdie taak gaan aanpak.
Reply
Damn Apple is useless.
uzelezz.
Reply
Liewe Leon
1. Ek weet. My Wintel lasermuis het meer knoppies as die Mighty Mouse en kan ook gecustomize word. Maar hoekom hierdie argument? Die voordele wat jy noem, is coded. Dit het weinig met die actual muis uit te waai. En once again, sien jy presies hoe brainwashed jy eintlik is?
Jy raak liries oor iets so rudimentêr soos die sagkense behandeling van ‘n muis. Die engineering wat vereis word om daai funksies in ‘n Mighty Mouse te sit sowel as die manufacturing costs is next to nothing. Waarvoor die buitensporige prys, dan?
2. Ek het ‘n Intel Q9550 met 4 GIG ram, 4 harddrives wat altesaam ‘n rapsie meer as 1.2 terabytes stoorspasie bied, ‘n geforce 8600gts en ander oulike goedjies soos DVD drives en (ek belowe
) ‘n stiffy drive. Die case en alles daarin het my R7000 gekos. Dit was laasjaar.
‘n Mac Pro kos nou iewers in die omgewing van R35 000. Toe ek laasjaar my huidige rekenaar gekoop het, het hulle pretty much ook vir soveel verhandel – maar toe het die top of the range Macs skamele Core 2 Duo’s gehad, met 2 gig RAM en veel minder stoorspasie. Dit beteken dat, toe ek my rekenaar gekoop het, ek omtrent 5 keer meer sou moes betaal vir ‘n Mac wat swakker was.
So, wees gou eerlik: Natuurlik moet ek nog ‘n paar duisend rand spandeer op sagteware – Windows en ‘n Office Suite kan veral nogal duur raak. Maar op ‘n budget van die oorblywende R28 000 gaan ek nog steeds loshande goedkoper wegkom met sagteware as om ‘n skoon Mac te koop. Kan jy hoegenaamd nog eers probeer om ‘n argument op koste te baseer?
Komaan.
Reply
terloops, ek bash nie macs nie. ek bash hulle pryse. ek dink nie apple verkoop subpar sagteware nie, ek dink wel die funksionaliteit daarvan is severely overhyped. natuurlik het hulle ook juwele; ek verkies byvoorbeeld enige tyd keynote bo powerpoint.
dis nie waaroor dit hier gaan nie.
as jy vir my ‘n mac gratis of teen ‘n kompeterende prys gee, sal ek dit met liefde vat / koop en saam met my wintel pc inspan. maar self een gaan koop teen die pryse wat hulle tans verwag?
narrafak.
hype maak nie jou werk klaar nie.
Reply
Ok, miskien moes ek nie gesê het enige Mac nie. Die grootpappie Mac is buitensporig duur, veral in SA. Maar laer af in die rangorde, as ons begin praat van medium size laptops en die iMac, gaan jou “vier keer meer” argument begin water lek.
Natuurlik word wonnerlike goed elke dag op Wintel masjiene gedoen. Maar wat kos die kognitiewe kragte wat daardeur opgebruik word. Ek wil nie met ‘n komper stoei nie. Ek wil hê die ding moet werk, hou en goed werk. En dit ‘n plesierige ervaring maak. Dit is wat deeglike ontwerp vir ‘n produk doen. En dit is waarvoor jy ‘n premium betaal.
Oor die muis: Ek het die gevoel gekry dat jy aanvoer mens kan alleenlik regs-kliek deur die CTRL sleutel in te hou, en ek het net probeer sê jy kan vir ta anders programmeer. Maar miskien het ons albei miskien mekaar verkeerd verstaan.
Reply