Die keer toe ek ingedoen is by ‘n vulstasie

739322_fuel_1Vanoggend op pad Kaapstad toe stop ek by 'n Exel vulstasie, groet die joggie vriendelik (ons het mekaar so stadigaan leer ken oor die afgelope paar dae), gooi petrol in en gaan betaal met my debietkaart.

Dubbeld.

In plaas daarvan om 'n strokie en 'n pen aan my te oorhandig om my handtekening te maak, het die beampte agter die toonbank benulloos na die kaartleser gekyk en haar bestuurder geroep.

“It says printer error”.

Hu?

Die masjientjie wil my strokie uitspoeg, maar kan nie. Die ding se drukker wil nie werk nie. En die bestuurder is min gespin – ek moet net weer my kaart trek. Die gesprek wat ek toe met hom probeer voer het, het rofweg so begin:

Hierdie masjiene druk altyd strokies ná 'n transaksie, so óf ek het reeds hiervoor betaal óf ek het nie genoeg geld gehad nie. Ek weet ek het genoeg geld, so die kans dat ek reeds hiervoor betaal het, is groot. Geen foutboodskap oor die modemverbinding word vertoon nie, so daar was definitief reeds kommunikasie met die bank. Dis nie my skuld as jou kaartleser se drukker breek nie. Ek het bes moontlik reeds vir hierdie petrol betaal. So wat nou?

…en abrup gestop toe hy my droog beveel het om geld te gaan trek by die OTM (van 'n bank waaraan ek nie behoort nie) agter in sy winkeltjie. Omdat ek haastig was, het ek dit maar gedoen en effens suur daar weggeloop – deels omdat hy duidelik nie eers meer sou omgee as ek 'n hartaanval in sy winkel gekry het nie en deels omdat ek 'n knaende spesmaas had dat ek ingedoen is.

By die werk gekom, teken ek via internetbankdienste by my bankrekening aan. Raai wat sê my rekening?

*edit* 24/01/08: Ná werk het ek 'n bankstaat na die vulstasie geneem en die situasie aan die eienaar van die plek verduidelik. Hy was baie tegemoetkomend en het die geld die volgende dag aan my terugbesorg.*edit*

This entry was posted in Self and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>