Ek het gisteraand vir die eerste keer venstervertonings by die US gaan kyk as 'n inwoner van Huis de Villiers (where students go to die) en skielik besef die joolkomitee maak jaar na jaar 'n onnutsige foutjie.
Sien, hulle kry die Stellenbosse verkeersdepartement om alle toegang tot die kampus af te sper, met motors en ligte en ander indrukwekkende obstruksies. Sodoende kan niemand die kampus met voertuie binnekom nie – en sodoende kan niemand die kampus met voertuie verlaat nie.
Sien iemand die probleem hier?