Vir wie sou jy stem?

326px-vote_iconsvg1Ek is nog 'n jong lat. Ek kon net-net in die vorige twee verkiesings stem, maar toe was ek nog te nat agter die ore en oningelig om werklik 'n sinvolle besluit te maak. Vanjaar se verkiesing is die eerste een in my lewe waaroor ek in diepte kan dink, waartydens ek graag 'n ingeligte kruisie wil trek en op my eie manier 'n positiewe bydrae tot Suid-Afrika se jong demokrasie wil maak.

Clichématig, né? Maar dis waar. Ek wil deelneem met 'n doel.

As jy my 5 jaar gelede gevra het, sou ek dit oorweeg het om vir die ANC te stem. Nou is daar nie 'n manier in sewentien helle dat ek dit binnekort weer sal oorweeg nie. Nie met gevonnisde misdadigers in hul arsenaal nie, nee-trammakassi. Ek soek 'n party met 'n brein, wat nie met velkleur geassosiëer word nie. Ek wil trouens nie vir 'n sogenaamde “wit” party stem omdat ek min melanien in my vel het nie. Meriete is al wat saakmaak. Ek wil die regte mense in die regte plekke hê ongeag hoe hulle lyk of waarna hulle bid.

Waar laat dit my? Kan ek 'n verkiesingsmanifes vertrou? Of is prestasierekords belangriker?

This entry was posted in Politiek and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>