
Seker nie. Maar dit laat 'n onheilspellende nagedagte in jou harsings agter.
‘n Klomp ateïste in Brittanje het 'n boodskap op busse laat aanbring wat sê: “There’s probably no God, now stop worrying and enjoy your live”. Dit was hul reaksie op fundamentalistiese Christene wat kort vantevore 'n boodskap van hul eie op publieke vervoer aangebring het wat almal wat nie in God glo nie na die ewige vlamme verdoem. En nou begin Christene terugkap en hul eie weergawes daarvan te Photoshop om die wye Weste in te stuur. En wham bam, thank you mam: ons het 'n polemiek. Oor busse.
Vryheid van spraak is uiters belangrik in enige samelewing, maar die busboodskappe het my nogal die afgelope tyd laat wonder of vryheid van spraak soms ook gevaarlik kan wees. Konsensus het dit dat dit 'n wonderlike idee is, solank dit net nie ontaard in haatspraak of iets dergeliks nie. Die busboodskappe kom nie juis as haatspraak voor nie, maar dit laat my ietwat ongemaklik voel. Mense is besig om 'n godsdienstige geveg in die publiek te baklei.
Is dit nie juis dingetjies soos hierdie wat uitkring en einde ten laaste geweld aanpor nie? Dalk is dit net ek, maar as ek die boodskappe lees, kan ek nie help om wrang te dink aan iets 9/11 en hoe die dryfveer vir Al-Qaeda se wandade – en Amerika s’n daarop – nou eintlik hiermee verskil nie. Het dit nie ook maar iewers met 'n boodskappie of twee oor “heidene” begin nie?
(Die eerste ding wat my bygeval het terwyl ek hierdie inskrywing getik het, is dat ek onverhoeds iets soortgelyk geskryf het, al was dit glad nie die bedoeling nie.)