Feëverhaal #1711 – Die wette wat nie was nie
Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!
Met apologie aan die Ideëryk.
Eendag, lank, lank gelede, was daar ‘n filosoof. Sy ma het hom Dawid genoem. Hy het gehou van eet, was goed ingelig oor die ekonomie en het gereeld tyd opsy gesit om die verlede op te teken. Oor wonderwerke het hy gesê:
[It is a] transgression of a law of nature by a particular volition of the Deity, or by die interposition of some invisible agent.
Dít was sy definisie – en dit sou die basis raak vir soortgelyke argumente wat deur die eeue op syne sou volg. Plek-plek sou iemand daaraan timmer (‘n man met die naam John sou later byvoeg dat wonderwerke boonop “astounding and beneficial” is), maar die basiese idee sou bly staan: ‘n Wonderwerk is die verontagsaming van ‘n natuurwet.
Lank nadat Dawid se maag snaaks begin voel en hy ‘n soplepel in die dak gesteek het, was daar Retha en Wouter, steeds hewig aan het baklei oor presies hoe korrek hy was. Hulle het mekaar gepeper met swane en klerekaste en in die harwar het iets verlore gegaan.
Hulle het vergeet om te onthou dat Dawid gelewe het in ‘n tyd toe ‘n snaakse oom, genaamd Isak (hy het ‘n pen in sy oog gesteek), formules uitgedink het vir iets wat hy die “laws of motion” (hy was ‘n Ingelsman) genoem het. Natuurwette. Hierdie formules, het Retha en Wouter (wat Dawid se “Deity” druk bespreek het) vergeet, kan ‘n mens maklik om die bos lei, omdat dit ‘n begrip inspan wat op velerlei misverstande kan uitloop.
Dis tog nie asof iemand al die atome in ‘n ry laat staan en hulle beveel het om op te tree soos hulle doen nie – dis nie asof die heelal haar ore spits om na die wette luister nie. Daarom is dit ook nie juis asof die wette verbreek kan word nie.
Natuurwette, het Wouter en Retha vergeet, is nie wette in die juridiese sin van die woord nie. Niemand “luister” daarna nie – die heelal ís net. Die wette bestaan nie; dinge wat gebeur, laat dit net lyk net asof hulle bestaan. Dis bloot elegante beskrywings van wat herhaaldelik was, opgeteken nadat iemand genoeg tyd opsygesit het om daarna te kyk.
Nie wette nie.
Want die heelal het nie ore nie.
Die einde.



“Die wette bestaan nie; dinge wat gebeur, laat dit net lyk net asof hulle bestaan.”
Jy klink soos ‘n (ondankbare) kind wat net eet, slaap en speel — hy is clueless oor waar die kos vandag kom, hy is clueless oor sy pa wat werk vir geld sodat hulle kos, klere, slaapplek ens het.
En as hy kwaad word vir sy ouers, dan gaan bly hy in die boomhuis (wat sy pa vir hom gebou het), en daar bly hy totdat hy nie meer kwaad is nie, of totdat hy honger word, of totdat hy bang word vir die wind en die donker.
Dan sluip hy terug in die huis in.
Dis eers wanneer hy volwasse word dat hy besef wat sy ouers vir hom gedoen het en hoe hulle hom beskerm en versorg het.
(Bostaande is maklik, spirituele volwassenheid is ‘n baie skaars item en moeilik bekombaar.)
Reply
cobusdrummer Reply:
February 16th, 2009 at 8:06 pm
bostaande is jou opinie.
die einde.
Reply
mynameisbotha Reply:
February 16th, 2009 at 8:31 pm
alles wat almal op ‘n blog byvoorbeeld se IS JUIS hulle opinie.
Reply
cobusdrummer Reply:
February 16th, 2009 at 10:37 pm
die (ondankbare) kind metafoor wat jy so effe vurig aanvoer herinner my net ironies genoeg nogals aan nog ‘n “wet” of opinie wat so semi afgedwing word. (in hierdie geval met “volwassenheid” as middelpunt)
dalk het ek jou comment verkeerd verstaan though. dis verseker ook baie moontlik
Johan Swarts Reply:
February 17th, 2009 at 10:39 pm
hmm…ek is nie heeltemal seker hoe ek so klink nie, maar ek kan jou darem die versekering gee dat ek ‘n dayjob het. as dit help?
ek koop petrol en alles. soos ‘n groot seun.
Reply
Daar bestaan net een wet, en dit kom uit die ou Transvaal.
Reply
“Dis tog nie asof iemand al die atome in ‘n ry laat staan en hulle beveel het om op te tree soos hulle doen nie – dis nie asof die heelal haar ore spits om na die wette luister nie. Daarom is dit ook nie juis asof die wette verbreek kan word nie.”
Die hipotese wat ek voorhou is juis dat die wette deur ‘n God beveel is- en hy kan dus ook bokant die wette optree wanneer dit Hom per hoë uitsondering pas.
Reply
Johan Swarts Reply:
February 17th, 2009 at 10:30 pm
‘n mens sou kon sê dis God – dis heel gangbaar om so iets te glo. maar so iets sal bes moontlik eintlik baie mooi beeldspraak wees, niks meer nie.
i mean jy dink eerlikwaar tog nie atome het bewussyne en kan “luister” nie?
Reply
ook al geloof ik zelf niet in god – toch moet ik met retha meegaan en erkennen dat er geen argumenten zijn tégen de aanname dat natuurwetten door god zijn opgelegd
want de oorzaak van het bestaan van natuurlijke wetmatigheden is nu eenmaal onbekend
het is dus niet te bewijzen dat god bestaat, net zomin als het te bewijzen is dat god níet bestaat
(als een van de twee wel mogelijk was geweest, dan waren we nu allemaal óf gelovig, óf atheist)
omdat natuurwetten, zoals johan al opmerkt, geen wetten zijn maar wetmatigheden, kunnen wij onwetende stervelingen nooit met 100% zekerheid vaststellen of er geen uitzonderingen op die wetmatigheden mogelijk zijn (of die uitzonderingen nu door god worden toegepast of door toeval, of ‘iets anders’)
logica, wetenschap, natuurwetten en discussies gaan ons op dit punt niet verder helpen
Reply
Scienex, jy ken seker nie my of my webblad nie? Want ek hou wel voor daar is bewyse vir God se bestaan: http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/om-jesus-te-volg-maak-sin/
Waarom almal nie gelowig is nie? Want as die God-konsep waar is, verg dit nie net ‘n kop-instemming dat dit waar is nie. Dit vat ‘n verandering van leefstyl om die mens te wees wat God jou ontwerp het om te wees. En baie mense kies om nie daardie leefstyl-verandering te maak nie. Dis een van die redes, maar nie almal s’n nie.
Reply
ik had dat inderdaad wel gezien retha
ik heb niet alles kunnen lezen, want het is erg veel
)
graag zou ik het allemaal eens doornemen (en dat zal ik ook zeker doen), want ik vind het een erg interessante verzameling bronnen, maar op dit moment heb ik belangrijker dingen aan mijn hoofd (hoe kun je nou belangrijker dingen aan je hoofd hebben dan de vraag of god wel of niet bestaat?
de conclusies uit de stukken die ik wel heb gelezen zijn nog steeds erg afhankelijk van interpretatie, en hier en daar rommelt de argumentatiestructuur
ik blijf er dus bij dat mensen (tijdens het leven op aarde) nooit zeker kunnen weten of god bestaat
en dat is helemaal niet erg (niet voor god en niet voor de mensen)
wat betreft hetgeen je opmerkt over een verandering van levensstijl: dat geldt (in ieder geval vanuit mijn oogpunt) de andere kant op ook – het vergt ook een verandering van levensstijl om te stoppen met geloven in god, en veel mensen kiezen ervoor om dit niet te doen
ik leef trouwens christelijker dan veel van de mensen om mij heen die zich christen noemen, dus zo’n grote stap zou het niet zijn
maar goed – ik denk dat we elkaar beter in elkaars waarde kunnen laten
ik heb liever gewoon dat jij gelooft en daar gelukkig mee bent, en dat ik niet geloof en daar net zo gelukkig mee ben
ieder zijn weg (want dat ik niet geloof betekent niet dat ik niet een zekere weg bewandel)
Reply
So skerp soos Occam’s lem.
Reply
Alhoewel ek nie die krag gehad het om alles deur te lees nie kan ek wel se dat oom Dawid soos ‘n totale pimp lyk.
Reply