Toe ek twee was, het ek saam met my ma op 'n uitstappie gegaan. Poskantoor toe. Sy het vir my 'n muntstuk gegee om te dra (die verantwoordelikheid hiervan was oorverbluffend) en toe sy dit uiteindelik teruggesoek het om 'n seël mee te koop, kon ek dit nie meer vir haar gee nie.
Ek het my mond wyd oopgemaak (bes moontlik gegiggel ook) en my tong vir haar gewys.
Hewig ontsteld (soos 'n mens nou maar is as jou eersgeborene enigiets ingesluk het) jaag sy met my toe na 'n dokter toe, wat haar kalmeer en gerusstel dat dit nie skadelik is nie – sy moet maar wag vir die natuur om sy gang te gaan.
My ouers was nie oortuig nie. Hulle wou daai vyfsent weer sien, come hell or high water. Sodat hulle wéét ek is OK.
Which they did.
My vroegste herinnering is een van myself wat op 'n potjie in sit nonchalant na 'n geel badkamermuur tuur.
Wat is jou vroegste herinnering? Maak 'n inskrywing op jou eie blog en vertel ons, of los 'n comment op hierdie inskrywing.