My vroegste herinnering: die geel muur

Toe ek twee was, het ek saam met my ma op ‘n uitstappie gegaan. Poskantoor toe. Sy het vir my ‘n muntstuk gegee om te dra (die verantwoordelikheid hiervan was oorverbluffend) en toe sy dit uiteindelik teruggesoek het om ‘n seël mee te koop, kon ek dit nie meer vir haar gee nie.

Ek het my mond wyd oopgemaak (bes moontlik gegiggel ook) en my tong vir haar gewys.

Hewig ontsteld (soos ‘n mens nou maar is as jou eersgeborene enigiets ingesluk het) jaag sy met my toe na ‘n dokter toe, wat haar kalmeer en gerusstel dat dit nie skadelik is nie – sy moet maar wag vir die natuur om sy gang te gaan.

My ouers was nie oortuig nie. Hulle wou daai vyfsent weer sien, come hell or high water. Sodat hulle wéét ek is OK.

Which they did.

My vroegste herinnering is een van myself wat op ‘n potjie in sit nonchalant na ‘n geel badkamermuur tuur.

Wat is jou vroegste herinnering? Maak ‘n inskrywing op jou eie blog en vertel ons, of los ‘n comment op hierdie inskrywing.

Post to Twitter

13 Responses to “My vroegste herinnering: die geel muur”

  1. wat een geweldig verhaal :o )

    mijn vroegste herinnering (ik heb geen blog, dus…):

    ik was 3 jaar oud en stapte op een warme zomerdag met mijn oma, na een middag op het strand, op de parkeerplaats in haar oude eend (zo noemen wij de citroën 2cv)
    toen ze weg wilde rijden hoorden en voelden we een verschrikkelijke klap
    tenminste, in mijn herinnering was de klap verschrikkelijk – zo erg kan het toch niet geweest zijn, want op een parkeerplaats rijden mensen meestal niet zo hard
    de eend was gans (:o) kapot en heeft geen meter meer gereden

    achteraf snap ik dat het oma’s eigen schuld was
    op het moment zelf zal ik wel gedacht hebben dat ik nooit meer thuis zou komen…

    Reply

  2. een van my vroegste herinneringe — wat ek eers weer baie later in my lewe onthou het — is dat my ma ‘n slet is.

    En ‘n redelike vakt-up maar skynheilge slet daarby.

    Ek moes omtrent 4 jaar oud gewees het toe ek op hulle afgekom het.

    Besef vandag dat ek in denial gegaan het, maar sy het my subtiel die res van my lewe getart!

    Reply

    johannes coetzee Reply:

    my naam

    jou lewensverhaal het my aan die christen kerke en kerkstrukture laat dink, jy kan bly wees dat jy dit op 4 ontdek het, daars baie kinners inni kerke wat noggi agtergekom het dat sy (die kerke en kerkstrukture) die moeder van die hoere (waarvan Openb 17 en 18 melding maak) is nie…

    vir jou ma is daar altyd nog hoop, maar vir die moeder van die hoere (die mystery Babylon) is daar egter geen meer hoop

    dis met haar klaar…

    Reply

    johannes coetzee Reply:

    my naam

    jou lewensverhaal het my aan die christen kerke en kerkstrukture laat dink, jy kan bly wees dat jy dit op 4 ontdek het, daars baie kinners inni kerke wat noggi agtergekom het dat sy (die kerke en kerkstrukture) die moeder van die hoere (waarvan Openb 17 en 18 melding maak) is nie…

    vir jou ma is daar altyd nog hoop, maar vir die moeder van die hoere (die mystery Babylon) is daar egter geen meer hoop

    dis met haar klaar…

    Reply

  3. :lol: – Oulike storie! Ek kan dit picture, shame dit is wreed!

    Reply

    mynameisbotha Reply:

    de Moerin, praat jy met my of Johan? :)

    Reply

    demoerin Reply:

    Albei! Gaan lees bietjie myne, ek was amper tierkos! :lol:

    Reply

    demoerin Reply:

    Albei! Gaan lees bietjie myne, ek was amper tierkos! :lol:

    Reply

    mynameisbotha Reply:

    de Moerin, praat jy met my of Johan? :)

    Reply

  4. Ek wat spog met ‘n pienk rokkie wat my Ouma vir my gemaak het, is so ver terug as wat ek kan onthou. Ek kan selfs onthou hoe die materiaal gevoel het. Dit was in my tweede jaar op hierdie aarde.

    Reply

  5. My maatjie wat voor my doodgery is – ons was 4jr oud.

    Reply

  6. My geboorte.

    Reply

    demoerin Reply:

    Dit moes BAIE traumaties gewees het.

    Reply

    demoerin Reply:

    Dit moes BAIE traumaties gewees het.

    Reply

  7. er was laatst iemand bij oprah en die kon zich tot en met haar 14e levensjaar terug van iedere dag precies herinneren wat ze had meegemaakt (moet je nagaan… ziek toch?)
    en van daarvoor had ze ook nog erg levendige herinneringen
    onder andere ook van haar geboorte

    ben jij ook zo iemand, bywoner gouws? anders vind ik het toch een beetje moeilijk te geloven, wat je daar zegt :o )

    Reply

  8. ek is nou ewe skielik HEELTEMAL te gefassineer deur die proses van “onthou” om te kan onthou wat meeste eerste herinnering is.. eish. (mens kan alles onthou ne.. gevoel, reuk, spasie, toestand.. dis nie net ‘n foto nie. insane.)

    Reply

    mynameisbotha Reply:

    die mind record absoluut alles: wat jy se, doen, hoor, ervaar, dink…. alles

    dit is waarmee jy konfronteer word wanneer jy die dag doodgaan … … …

    dan veroordeel jy jouself — jy staan letterlik naak voor jouself

    Reply

    mynameisbotha Reply:

    die mind record absoluut alles: wat jy se, doen, hoor, ervaar, dink…. alles

    dit is waarmee jy konfronteer word wanneer jy die dag doodgaan … … …

    dan veroordeel jy jouself — jy staan letterlik naak voor jouself

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled