Monthly Archives: February 2009

Reïnkarnasie: ‘n stomende pot k4k(sic)?

Hierdie inskrywing is 'n meer sistematiese weergawe van kommentaar wat ek by Die Piesangverkoper se inskrywing oor reïnkarnasie gelos het. (‘n Aangename en vernuftige blog, van die os op die jas. Gaan maak gerus 'n draai.) Met apologie aan Casper de Vries. Christelike fundamentaliste kom gewoonlik erg onder skoot wanneer hulle aandring op letterlike interpretasies [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , | 50 Comments

Hoe ek geleer het om nie donkerbrille te koop nie

Iewers in my vervloë jeug (ek was al op universiteit) het ek tydens 'n vakansie in die stoorkamer van 'n apteek gaan werk. Dit was 'n verrykende ervaring vir 'n wit seuntjie wat gedink het filosofie gaan die wêreld verander en rocksterre is almal vriendelike, verligte individue wat die diepsinnigheid van hul eie lirieke verstaan. [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , , , | 8 Comments

Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 18.0)

Hoekom is die gebou waarin my broer dood is jare later in 'n mediese sentrum omskep?

Posted in Mymering | Tagged , , , , | 12 Comments

Stellenbosch brand…iewers

Iets iewers in Stellenbosch is besig om baie vinnig te brand. Sirenes loei naarstig op en af in die verte. Die hele kampus is besig om te versmoor in vuil rook en dwarrelende stukkies brandoorskot. Dis hoogskemer, maar die son sit nog netjies in die lug. Alles stink na brand en alles is bedompig – [...]

Posted in Matieland | Tagged , , | 11 Comments

Jy met die iPod, jy met die mes

Liefste eerstejaar, Jy wat sidder vir jou HK, jy wat glo jou koshuis is die gode se gawe aan die mensdom, jy wat blommetjies vou en vaak in Victoriastraat rondmarsjeer. Jy wat verlede jaar nog MK agter sekerheidshekke gekyk het of met 'n mes onder jou skoolbaadjie moes rondloop om seker te maak jy kom [...]

Posted in Matieland | Tagged , , , , , , , , , , , | 7 Comments