Suur? Pars vir Microsoft

internet-explorer-logo-with-pinsSuur druiwe. Die wêreld stink daarna.

Neem Microsoft en die voortslepende geding teen hulle oor Internet Explorer. Die Mozilla Foundation (die skeppers van Firefox),  Google,  (skeppers van Chrome), Opera (skeppers van – dis reg – Opera) en Apple (wat onlangs die Safari 4 Beta vrygestel het), ondersteun almal die Europese Kommissie se ondersoek na Internet Explorer se verspreiding saam met Windows. Google is die nuutste toevoeging tot hierdie arsenaal:

The Silicon Valley internet giant said yesterday that it was hoping to become a party to Commission’s investigation into Microsoft’s dominance of the internet browser market.

[...]

“Google believes that the browser market is still largely uncompetitive, which holds back innovation for users. This is because Internet Explorer is tied to Microsoft’s dominant computer operating system, giving it an unfair advantage over other browsers.”

In 'n neutedop: Google et al meen dat Microsoft se verstektoevoeging van Internet Explorer by Windows, 'n bedryfstelsel wat as ‘t ware 'n wêreldwye monopolie het, dit baie moeilik maak vir kompeterende webblaaiers om hoegenaamd kompetisie te kan bly. Dis glo ongesond.

Ek is die eerste een om toe te gee dat Internet Explorer sy foute het (ek tik hierdie inskrywing in Firefox), maar die argument maak glad nie vir my sin nie. Trouens, dit ruik na suur druiwe.

Almal vergeet gerieflikheidshalwe dat Safari, nes IE saam met Windows, gerieflik saam met elke liewe Macintosh op die mark kom. (So ook kom Firefox saam met omtrent elke Linux-installasie.) Niemand kla egter daaroor nie, want Apple besit nie naastenby die marksegment wat Microsoft het nie.

Wat is dan nou die verskil?

Microsoft doen niks onwettigs nie. Hulle is bloot voor in die sagteware-wedren, omdat hulle baie lank gelede al begin hardloop het. Niemand dwing mense met 'n pistool teen die kop om rekenaars met Windows te koop nie – die feit dat die meeste rekenaars met Windows geïnstalleer kom, is nie 'n goeie rede om Microsoft met 'n boete te belas nie. Dis ook nie asof mense Firefox of Opera moet gaan koop nie. Dis gratis.

Met dieselfde logika waarmee die EU tans vir Microsoft ondersoek, kan hulle netsowel vir Google ondersoek en aanvoer dat Microsoft Live groot verliese ly as gevolg van Google se soekmonopolie. Google het duidelik 'n ystergreep op die kompetisie (“Google” is tot 'n werkwoord – niemand praat van: “Ek gaan gou hierdie ding Yahoo” nie). Maak dit die soekmark teenproduktief?

Suur druiwe. Dis die enigste rede vir hierdie oorlog. Nie juis die beste bewyslas op aarde nie, of hoe?

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>