Mbhazima Sam Shilowa: Reguit, Rasioneel.
Ek het onlangs die voorreg gehad om saam met Mbhazima “Sam” Shilowa van COPE om ‘n etenstafel te sit. Die ete (by die luukse Riboville restaurant in Kaapstad) was ten bate van Missing Children.
Sam is ‘n gekultiveerde man. Hy eet sushi met chopsticks, ken sy wyne, verkies kaas in die plek van poeding en praat met gemak oor oorsese politiek en wêreldnuus. Hy stuur moeiteloos e-pos met sy iPhone. En hy is hoflik. Sam het elkeen aan tafel se hand by ontmoeting geskud, die persoon se naam gevra en homself telkens voorgestel as “Mbhazima Shilowa” – in my boekies ‘n nederige ding om te doen, aangesien hy duidelik nie aangeneem het almal moet weet wie hy is nie. Wanneer hy vrae gevra is, het hy nie versuim om elkeen so reguit moontlik te antwoord nie. ‘n Populis is hy ook nie – hy was nie bang om dit per geleentheid duidelik te stel dat hy nie oor sommige sake onder bespreking saamstem nie. Uit die gesprekke wat ons (en veral die paartjie Fosters, wat op hom gebie het) met hom gehad het, blyk dit dat hy taamlik seker is oor sy politiese standpunte.
Veral die hokslaan van korrupsie en armoede is twee dinge waaroor hy passievol voorkom. Hoewel ek aan die begin gevoel het dat hy net probleme opnoem, het hy later stelselmatig oplossings in die breë daarvoor geformuleer. Die gesprekke was goedig en eerlik – ek het werklik die gevoel gekry dat Sam glo in wat hy te sê gehad het. Opvallend was ‘n opmerking wat hy reguit oor Jacob Zuma gemaak het – as ‘n hof beslis het dat Zuma nie ‘n verkragter is nie, dan is hy nie ‘n verkragter nie, en ons as Suid-Afrikaners moet die uitspraak respekteer. (Toe Anele Mda, die leier van die COPE-jeugliga, onlangs die ondeurdagte uitspraak gemaak het dat Zuma ‘n verkragter is en verkragting onder sy presidentskap nie meer ‘n misdaad sal wees nie, is sy vinnig deur die COPE-leierskap oor die vingers getik en aangesê om ‘n openbare verskoning aan te teken.)
Terwyl hy gepraat het, kon ek nie help om in my agterkop te dink nie: “ja, hy klink wonderlik, maar hy bly ‘n politikus. Kan ek hom glo?” Op daardie vraag het ek natuurlik nie ‘n antwoord nie (net die tyd sal leer), maar wat seker is, is dat die vise-president van die land se jongste politieke party ‘n besondere ingeligte en rasionele kop op sy skouers het. Nie een oomblik het hy die ANC swartgesmeer of in ‘n uitkrytsessie oor die land se wanbestuur betrokke geraak nie. As Mvume Dandala soos Sam Shilowa is, kan hy gerus eendag my president wees. Dit was werklik ‘n plesier om saam met hom te kuier.

Dit klink of die man regtig weet waarnatoe hulle wil gaan met die land. Kom ons hoop dit bly so.
Reply
Mens kan maar net hoop. Soos jy sê – Die tyd sal leer want hy bly tog maar ‘n politikus.
Reply
As ek niks anders by Leopold Scholtz geleer het nie, is dit die: As ‘n politikus sy mond oopmaak, lieg hy.
Reply
Ja, hy voel so passievol oor korrupsie dat hy vir Allan Boesak as sy Wes-Kaapse premierskandidaat aangestel het.
Cope skaar hul volledig agter Mbeki se beleidrigtings en word volgens sommige ingeligtes selfs van agter die skerms deur Mbeki bestuur, die Mbekistiese Cope-hoofleier Lekota is op rekord dat hy weier om te sê MIV lei tot vigs, die meeste Copeleiers was in hoë ANC-poste toe die wapenskandaal sigself afgespeel het (Lekota self het vir Modise as minister van verdediging opgevolg en niks oor die aangeleentheid gedoen nie). Ek het self nie veel ooghare vir die huidige leierskap van die ANC nie, maar een van die min goeie dinge wat mens van hulle kan sê is dat hulle beslis minder erg as die Mbeki/Cope brigade is. Daar is geen rede om te glo Cope sal beter as die ANC wees nie, maar daar is heelwat rede om te glo hulle sal erger wees. Die beste ding wat SA sedert 1994 gedoen het, was om van Mbeki ontslae te raak. Hoekom df enigiemand hom nou sal wil terughê gaan my verstand te bowe.
Reply
Ja Boesak, die man, die hero, die ene wat geld gedeps het. Sal ek hom loslaat met my belastinggeld? Nimmer.
En die vigs-kwessie, daai is ‘n reuse nee-nee.
Reply
Akkoord. COPE is ‘n spreekbuis vir Mbeki. Oënskynlik verloor hulle veld. Die euforia is verby – tyd vir realiteite. Die hele aangeleentheid bevestig my punt oor indiwidualsime.
Reply
Hmm…so op die basis van Boesak en spekulasie oor Mbeki-ondersteuning meen julle COPE is ‘n nuttelose party?
Interessant…
Reply
Ek stem saam met piesangverkoper en Emil oor COPE en Mbeki.
Reply
Nee, COPE is ‘n steeds ‘n belangrike gebeurtenis in die demokratiese evolusie van die land. En steun sal hulle wel kry. Behalwe vir die leierskapkrisis het ons in effek steeds nog ‘n ander ANC – ideologies is die verskille min, waar ek gehoop het dat dit die deurslag sou wees toe die broedertwis gebeur. Ons sal moet dophou hoe hulle ontwikkel as ‘n politieke party met ‘n manifes, en wat die uniekhede daarin sal wees waarmee hulle ‘n daadwerklik distansie van die ANC sal handhaaf.
Wat COPE wel goed in geslaag het, was om die DA nader aan die middel te trek, en myns insiens self die DA uitstekend gepossisieer het vir toekomstige alliansies.
Baie interessant …
Reply
Maar is dit tog nie wat hulle potensieel so spesiaal maak nie? Die ANC voor 1994 was ‘n goeie ding. Hulle het iets wonderliks gesimboliseer vir miljoene mense. Na 1994 het hulle stelselmatig begin vrot in hogere poste.
As ons die ANC voor 1994 kan terugkry in die vorm van COPE, reg om die nuwe uitdagings van Mzansi aan te pak, sukkel ek om die probleem te sien.
Hoewel ek self dink die ANC het baie gebreke op hierdie oomblik, dink ek dis ietwat van ‘n denkfout om net te verwag jy kan sê: “ANC!”…en dan’s dit ‘n magical logiese operator wat die res van jou stelling steun. Frankly, om net te skree: “COPE IS MBEKI ANC!!! SIESSIESSIESSIES!” is nie veel van ‘n argument nie.
Toe, julle is almal darem ietwat meer verfynd as dit?
Reply
Die piesangverkoper Reply:
March 11th, 2009 at 6:11 pm
Dit is beslis veel van ‘n argument. Die Mbekipresidentskap was ‘n mislukking, Cope behels die voortsetting daarvan, so Cope verdien nie ‘n redelike persoon se steun nie. Dit het niks te doen daarmee om te sê “ANC” nie, dit het te doen daarmee om te sê “Mbeki”. Dit is nie moeilik om te volg nie. As mens vir Cope stem, stem jy vir Mbeki se vigsbeleid. As jy vir Cope stem, stem jy vir die Mbeki-era se misdaadbeleid. As jy vir Cope stem, stem jy vir Mbeki se Zim-beleid. Basta daarmee, sê ek. In ‘n tweestryd sou ek die ANC beslis bo Cope verkies het, maar soos dinge nou staan is daar gelukkig ook derde en vierde opsies.
Ek stem egter wel met Emil saam dat dit goed is dat daar minstens ‘n mate van diversifisering in die politiek kom. My voorspelling is dat die ANC nog hierdie en die volgende verkiesings gaan wen, maar daarna gaan hulle moet wyk voor een of ander koalisieregering.
Reply
Johan Swarts Reply:
March 11th, 2009 at 6:48 pm
As ek dan ‘n analogie mag gebruik, bedoel jy die volgende? -
Pietie en sy maats vang gereeld kattewaad aan. Soms steel hulle vrugte, ander kere speel hulle toktokkie. Eendag besef ‘n paar van Pietie se maats dat dit nie reg is om vrugte te steel nie en stig ‘n vriendekring van hulle eie.
En jy meen Pietie se vriende is steeds ongebreidelde drelle wat gaan aanhou om vrugte te steel?
Reply
Emil Reply:
March 12th, 2009 at 7:45 am
Vrugte steel is nie heeltemal politiek nie. Of is dit?
Reply
Die piesangverkoper Reply:
March 12th, 2009 at 8:03 am
Pietie en sy maats steel vrugte en doen kattekwaad. Eendag besluit Pietie se maats hulle wil nie meer vrugte steel nie, so hul kies ‘n nuwe bendeleier. Al Pietie se sikofante stig nou ‘n nuwe bende. Die ou bende doen nog kattekwaad, maar minstens steel hulle nie meer vrugte nie. Die nuwe Pietie-crowd wil aanhou vrugte steel en kattekwaad doen.
Johan, jou steun vir Shilowa is deeglik beredeneerd en getuig van goeie nadenke, maar ek sou argumenteer daar is aspekte van Cope wat jy nie in ag neem nie. Vigs is tans Suid-Afrika se grootste probleem (buiten miskien armoede). Mens kan nie vir Cope stem nie, dit is heeltemal verkeerd.
Reply
Johan Swarts Reply:
March 12th, 2009 at 8:48 am
Ek begryp die analogie, maar ek wil graag weet of jy enige bewyse het dat Pietie en sy maats ‘n bende sikofante het?
Vooroordele en vermoedens tel nie.
(As jy oor, sê, ‘n paar maande reg was, sal ek die eerste een wees om toe te gee dat jy wel reg was. Maar vir nou het jy nog nie ‘n goeie rede verskaf vir wat jy sê behalwe dat jy so sê nie.)
Reply
alleman Reply:
March 12th, 2009 at 9:26 am
“‘n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar.”
Ek is jammer om ‘n spreekwoord te gebruik, maar hierdie is ‘n waarheid oor politici wat ek keer op keer, en in baie verskillende kontekste sonder uitsondering sien gebeur.
Bertus! Reply:
March 12th, 2009 at 9:32 am
Aaaaag Heere tog, laat ek dan nou maar alles weer oor tik wat ek reeds getik het.
Ja, hy voel so passievol oor korrupsie dat hy vir Allan Boesak as sy Wes-Kaapse premierskandidaat aangestel het.
Cope skaar hul volledig agter Mbeki se beleidrigtings en word volgens sommige ingeligtes selfs van agter die skerms deur Mbeki bestuur, die Mbekistiese Cope-hoofleier Lekota is op rekord dat hy weier om te sê MIV lei tot vigs, die meeste Copeleiers was in hoë ANC-poste toe die wapenskandaal sigself afgespeel het (Lekota self het vir Modise as minister van verdediging opgevolg en niks oor die aangeleentheid gedoen nie).
Johan Swarts Reply:
March 12th, 2009 at 10:17 am
Jy’t klaar besluit Pietie is ‘n sikofant, so dit help nie om verder te praat nie, eh?
Die piesangverkoper Reply:
March 12th, 2009 at 12:25 pm
Waar val jy nou uit?
Johan Swarts Reply:
March 12th, 2009 at 12:48 pm
Ditto.

Wel, COPE is Mbeki ANC.
Hulle skep ‘n tuiste vir die gematigdes en ‘n groep wat, sou COPE nie hulle huis kan uitsorteer nie, maklik kon oorsluip na die DA toe. Zille is 100% korrek in haar verkiesingsretoriek – sy vrees nie COPE nie, for it is much the sameness.
Mbhazima Shilowa is ‘n imposante indiwidu. Dit maak nie COPE outomaties ook so nie.
Reply
Vreemd genoeg – hy was nie imposant vir my nie.
The problem being?
Reply
Dis my verfynde konklusie
Reply
En wat sal COPE keer om na die verkiesing weer met die ANC maatjies te maak. Alliansies maak my bang.
Reply
Emil Reply:
March 11th, 2009 at 3:17 pm
So, dis jy wat Johan kwaai het!
Reply
demoerin Reply:
March 11th, 2009 at 3:33 pm
Ek pleit bewusteloos…. sy post was VOOR my comment!
Reply
Johan Swarts Reply:
March 11th, 2009 at 3:40 pm
moenie uitpass nie, jy skuld my tandepasta!

Johan, nice post. Want ek het vandag effe weemoedig gevoel na ek na stukke van die volksheld Julius Malema I geluister het op streaming 702 waar hy in gesprek met Redi Direko was.
Flippit.
Hoe dit ook al sy, ek is nie seker wat van jou korrespondente bedoel met lieg nie. Iemand kwoteer Leopold Scholtz oor lieg – ek dink dit gaan meer oor wie goeie idees het en hulle werkbaar kan maak. En die minste korrupteerbaar is.
Mens kan nie idees veins nie. So ek is bly jy was deur hom beindruk. Hopelik is daar hoop.
Terloops, op die kiekie, wie is jy? Ek neem aan jy is nie die girl, of die man met die grys slape nie. En ek vermoed ook jy is nie Mbazhimba Shilowa nie. Dus, is jy die een met die wynvlek. Of die een wat lyk soos ‘n gormendeuser?
Reply
ek wys tande.
Reply
demoerin Reply:
March 11th, 2009 at 3:35 pm
Kan ek vir jou van my radioactive colgate aanbied?
Reply
Johan Swarts Reply:
March 11th, 2009 at 3:38 pm
natuurlik. is dit gesond?
Reply
demoerin Reply:
March 11th, 2009 at 3:44 pm
Weet nie, maar kyk hoe blink my tande!

[...] tweede storie is dié van Dumisani. Toe ek saam met Sam Shilowa om ‘n etenstafel gesit het, was Dumisani ons kelner. Van Dumisani weet ek nie veel nie, behalwe dat hy ‘n swart, jong [...]