Iets wat my fassineer, is hoe Afrikaners hul moedertaal anders hanteer as Engels.
Hustler? Dis orraait, hy kan maar in die winkelrakke pryk – solank dit net agter 80 lae plastiek en ver, bo in 'n hoekie is. Maar Loslyf? Arme Amor! Verbrand daardie smet!
Chris Kristofferson? Pragtig, hartroerend. Juanita du Plessis? Sit af daai kommin gemors!
Karakters op Smallville wat “Oh my gawd” uiter? Matige tot zero ontsteltenis. “O my God”? Al wat 'n kerk is, is op die oorlogspad.
Etcetera.
Hoekom?