Hierdie stelling van Jaco Kleynhans (Solidariteit):
In contrast to the US market, South Africans still have a lot of faith in the printed media, says Kleynhans. While a growing number of South Africans are turning to the internet and mobile-phone technology for their daily news fix, Kleynhans says South African digtital-media consumption does not come close to that of the US.
“A large part of the population does not have access to the internet. Yes, there is optimism that broadband access will increase connectivity, but we will not see the kind of numbers to equal those in America. And how many people who use pre-paid cellphones will use the internet to access news reports?”
Is taamlik kortsigtig, eh?
Die kwessie is tog nie of ons tans met Amerika vergelyk nie, maar of ons in die nabye toekoms (sê, 5 na 10 jaar) hoegenaamd nog die rolpers gaan laat funksioneer en vertrou soos ons dit nou doen.
Ek reken ons gaan nie.
Die internet het 'n manier om vinniger te groei as wat 'n mens dit verwag. Tans kan dit nie papier vervang nie (nie tot daar 'n alternatief met dieselfde eienskappe vorendag kom nie, in elk geval – niemand is dom genoeg om LCD-skerms teen lamppale te sit in die plek van plakkate nie), maar dit beteken nie mense se geloof in die gedrukte media wat Kleynhans noem, gaan lank hou nie.
Neem die uwe. Ek is 'n skamele 24 en ek kan die totale aantal koerante wat ek in my leeftyd gekoop het op my vingers tel. Ek het redelik onlangs die arbeidsmark betree en beplan ook nie juis om in die nabye toekoms vreeslik baie koerante te koop nie. As ek eendag kinders moet hê (God forbid…), gaan ek beslis nie vir hulle koerante koop nie.
Ek soek die inligting wat koerante bied – nie die papier waarop dit gedruk word nie. Jy doen dit ook – as jy klaar is met die koerant, gooi jy dit weg. Dis nie meer die nuus nie. Die nuus sit in jou breinlobbe.
Daar is baie die uwes daarbuite.
Suid-Afrika gaan 'n aansienlike opgradering in bandwydte sien vir 2010. Selfoonpenetrasie is reeds onsaglik groot in vergelyking met normale desktop-toegang. Met hierdie data in die prentjie, sowel as die gegewe dat talle koerante se bestuur besig is om halsoorkop vir gonswoorde te val eerder as om gangbare internetalternatiewe op te tower, kan 'n mens tog sekerlik nie verwag dat die huidige gebruikerspatrone dieselfde gaan bly nie?
Iewers gaan iets bars.
Die kwessie is nie “nou” nie – die kwessie is wat “nou” gaan versoorsaak.