Vista 64 0wnz0rz

Ek het in die week Vista 64 op my skootrekenaar geïnstalleer en is aangenaam verras met die stabiliteit daarvan. Dalk het dit iets te doen met die feit dat die Mac waarop ek by die werk werk se Finder gister onophoudelik gevries het (en glo my maar – as 'n Mac vries, is hy selfs meer irriterend as 'n blue screen of death), maar ek is eers van plan om dit af te haal wanneer Windows 7 vrygestel word. Dis wonderlik.

Alles reageer vinnig. Niks vries nie (anders as Vista 32, wat ietwat van 'n nagmerrie geraak het namate ek programme opgelaai het) en 32 bit applications hardloop soos 'n droom.

Ek het nie gedink ek gaan dit ooit sê nie, maar Vista 64 r0x0rz my b0x0rz.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>