Dit val my nou die dag by dat ons nooit die stryd teen VIGS gaan wen nie. Nie soos ons nou aangaan nie.
Ja, ons kan vir mense gratis ARV’s gee. Ja, ons kan die stigma’s probeer verbrysel. Ons kan groot plakkate teen lamppale hang en tehuise vir VIGS-wesies bou en bid tot ons blou raak.
Dit gaan nie help nie. Want dis alles damage control.
Damage control los nie die probleem op nie. It merely picks up the pieces.
VIGS gaan eers verslaan word as ons dit kan genees. Tot dan is die hartseer antwoord: daar is nie 'n oplossing nie. Dis 'n moeilike antwoord om te aanvaar, maar dis ongelukkig waar – en soos ons almal weet is die feit dat ons nie van 'n antwoord hou nie, geensins 'n rede om dit nie te aanvaar nie.
Wat gaan die wêreld doen om mediese navorsing te befonds? Dit behoort die enigste vraag op VIGS-aktiviste se lippe te wees.