Tweede, Twitter en Trollies
Baie dankie aan almal wat die moeite gedoen het om vir my te stem in vanjaar se SA Blog Awards. Dit blyk (as die volgorde van die runner’s up op die SA Blog Awards site is wat ek dink dit is) dat ek onderskeidelik tweede en vierde gekom het in die kategorieë Best African Language Blog en Best South African podcast. Ek dink dis besonder funky, so gee jouself gerus ‘n klop op die skouer. Nie net kan ek nou die regterkantste badge uitdruk en op my voorkop plak nie, ek kon ook baie pizza vreet en twee bergies in Darling-straat oor ‘n trollie sien redekawel.
Ek is nog nie seker hoekom nie, maar ek het onlangs gereeld begin Tweet. Ek het in die verlede genoem dat ek dink Twitter is “insanely stupid” en skielik is ek self besig daarmee. En dis verslawend. Ek dink nog steeds dis ietwat stewpid en tog kan ek nie ophou om dit te doen nie (wat dit op ‘n manier baie soos godsdiens maak). Besluit self of jy lus is om idiosinkratiese brokkies nuus uit my ondermaanse lewe te lees – dis in my sidebar onderkant die Latest, Popular en Tags tabs. Of hier, natuurlik.


LOL, heeheehee
is twitter nie maar soos om jou facebook status te update nie?
Reply
Johan Swarts Reply:
April 8th, 2009 at 11:14 am
basies, ja. presies dit. maar ek het lankal opgehou om facebook te gebruik. ek log net in as ek baie verveeld is of iemand vir my ‘n boodskap gestuur het waarop ek moet reageer.
Reply
Lize Reply:
April 8th, 2009 at 11:57 am
so twitter is vi jou makliker
Reply
Johan Swarts Reply:
April 8th, 2009 at 1:02 pm
yup.
Reply
Lize Reply:
April 8th, 2009 at 11:57 am
so twitter is vi jou makliker
Reply
Johan Swarts Reply:
April 8th, 2009 at 1:02 pm
yup.
Reply
Johan Swarts Reply:
April 8th, 2009 at 11:14 am
basies, ja. presies dit. maar ek het lankal opgehou om facebook te gebruik. ek log net in as ek baie verveeld is of iemand vir my ‘n boodskap gestuur het waarop ek moet reageer.
Reply
Baie geluk.
Reply
woehoe! gefeliciteerd!
)
krijg je van mij een klop op je schouder
Reply
Johan, ek het vergeet om te stem. Ek is seker as ek gestem het, sou jy eerste gewees het.
Reply
dit gebeur. jy kan vir my ‘n bier koop as jy my weer sien :p
Reply
Solank jy net nie vergeet om te stem op 22 April nie, piesang!!!
Reply