Ek is nie een vir samesweringsteorieë nie en hierdie is ook nie juis 'n poging tot een nie, maar ek kan nie help om te voel dat die afgelope paar dae se malligheid oor Zuma net te gerieflik is nie. Ek het niks om my gevoel my te staaf nie en kan nie eers 'n behoorlike storie opstel om dit mee te steun nie.
Maar dis net té maklik – die NVG se besluit en die voortslepende kontroversie daaromtrent. Dis asof iemand iewers wil hê Suid-Afrika moet sommer lekker briesend wees en iets anders, altemit iets belangriker, miskyk.
Is ek laf?