SMS-histerie (Want neurose is cool)

Hy SMS nie terug nie! En dis nou al ure! Hoekom SMS hy nie terug nie?! WAT KAN DIT BETEKEN???

Verstommende woorde, né? Jong dame ontvang SMS. Jong dame stuur SMS. Jong dame ontvang niks nie. Jong dame en vriendin(ne) begin afwesige teksboodkap ontleed.

Hy wil nie terugstuur nie. Hy is skaam. Hy probeer sy gevoelens beskerm. Hy wil nie met my praat nie. Hy is kwaad vir my. Dis omdat ek nie gister vir hom teen twee komma drie grade geglimlag het by die inkopiesentrum nie.

Sal dit dalk oorweeg word dat hy lanklaas na sy selfoon gekyk het? Dat die battery pap is? Dat sy lugtyd op is? Of dat hy eenvoudig net nie lus is nie?

Nee. Dit sal die arme drel vryspreek van die verantwoordelikheid om poppie in die middel van die heelal te hou.

Kom daar skielik 'n boodskap deur, word 160 karakters met noeste vlyt ontleed. Sonder enige paralinguistiese elemente om te help met die interpretasie – sonder gesigsuitdrukking, intonasie, lyftaal, of diksie – word die boodskap verklaar asof dit 'n duidelike bedoeling het.

En dan raak neurose waarheid.

This entry was posted in Sommer and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>