Waar kan ek ‘n spul T-hemde in grootmaat laat druk?

Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!

Daar is ‘n eksperiment wat ek graag wil uitvoer, maar ek is nie heeltemal seker hoe ek te werk sal gaan om dit reg te kry nie. Sonder om te veel weg te gee, wil ek graag weet of iemand wat hier lees enige idee het hoe ‘n mens jou eie ontwerp op ‘n paar honderd t-hemde kan laat druk (vir ‘n toetslopie, natuurlik), wat dit gaan kos en waar ‘n mens dit kan doen sonder om deur jou neus te betaal.

Voorstelle?

Post to Twitter

4 Responses to “Waar kan ek ‘n spul T-hemde in grootmaat laat druk?”

  1. Ek weet nie, maar moenie te cheap wil wees nie. Daar is niks so irriterend soos ‘n t-hemp wat na die tweede was gehawend is nie.

    Reply

  2. Woohoo! Ek word nie meer gemodereer nie!

    Reply

  3. Jy moet uitkyk vir enige corporate gifting/promotional items plekke in jou omgewing. Hulle bly die goedkoopste en jy kry gewoonlik goeie kwaliteit t-shirts. Die maklikste sal natuurlik Google bly.

    Reply

  4. Johan

    Ek had n vriend wat nogals into dit is. Ken verskeie t-hemp drukkers in en om Stelenbosch. Hy sal jou n goeie idee kan gee van wat dit gaan kos.

    Gee my n mail dan stuur ek jou sy epos adres…

    Jaco

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled