Parow plaas blomme op die verlede se graf

jack parow sit in sy stoelSeker een van die mees unieke verassings wat onlangs op die Afrikaanse musiektoneel (daai een wat sonder 'n korporatiewe masjien kan funksioneer) kop uitgesteek het, is Jack Parow – ‘n ”romantiese Afrikaanse superster-rapper uit die donker gange van N1 City“. Anders as Snotkop, wat die sogenaamde kommersiële arena betree het en covers vir die massas opneem, is Parow (regte naam Zander Tyler) se rymelary vars en oorspronklik.

Parow meng 'n stewige dosis Afrikanerkultuur met satiriese RAP-beats om introspektiewe musiek oor enigiets van dagga tot bybels te vervaardig. Boonop omhels hy sy heimat, wat hom in 'n ander liga plaas as die spreker in Fokofpolisiekar se lirieke (dié voel ontuis).  Parow vervies homself nie vir die wêreld wat sy ouers geskep het nie; hy sit blomme op die verlede se graf en gaan aan met sy lewe. Die resultaat is 'n onopgesmukte blik op die psige van voorstedelike Afrikaners wat aan die “verkeerde” kant van die spoorweg grootgeword het – wat te jonk is om apartheid behoorlik te onthou, Laserquest op hul verjaardae gejol het, gholfballe vir posbusse had en fragmente uit die jeugsangbundel sal koester al raak hulle 90.

Ek het sy toestemming gekry om Die Vraagstuk, 'n meewerking met Die Heuwels Fantasties, hier in te bed. Parow se lirieke, aangebied in 'n sogenaamde “stream of consciousness“-narratief saam met Johnny de Ridder se musiek, neem luisteraars deur die gedagtes van ‘n jong Afrikaner wat net wil leef en laat lewe. Luister gerus en laat weet wat jy dink (en let spesifiek op na die lirieke – die ou weet hoe om met woorde te werk):

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

This entry was posted in Musiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>