Monthly Archives: April 2009

Waar kan ek ‘n spul T-hemde in grootmaat laat druk?

Daar is 'n eksperiment wat ek graag wil uitvoer, maar ek is nie heeltemal seker hoe ek te werk sal gaan om dit reg te kry nie. Sonder om te veel weg te gee, wil ek graag weet of iemand wat hier lees enige idee het hoe 'n mens jou eie ontwerp op 'n paar [...]

Posted in Sommer | Tagged , | 5 Comments

Jacob Zuma = Windows 7

Microsoft het ongelooflik baie in gemeen met die ANC. Vir alle praktiese doeleindes het beide 'n monopolie op die wêreld waarbinne hulle fungeer. Microsoft beheer die oorgrootte meerderheid van die wêreld se tuisrekenaars, die ANC die oorgrote meerderheid frontale lobbe in Suid-Afrika. Albei is stinkryk, nie een is tans vir minderhede 'n polities korrekte verskynsel [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , | 13 Comments

Gebed

God, Mag ek nooit verstar in my oortuigings nie. Fin.

Posted in Godsdiens | Tagged | 9 Comments

22 April 2009: Sy sien webbe roer

Sorrie, Eybers. Boer in Ballingskap het 'n weldeurdagte interessante inskrywing gemaak waarin hy meen dat die opkomende verkiesing bloot 'n formaliteit is. Twee dinge van sy betoog het by my bly vassteek, naamlik dat Suid-Afrikaners nog steeds hopeloos te behep is met ras en op grond van nostalgie vir die ANC sal stem en dat [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , , | 6 Comments

SMS-histerie (Want neurose is cool)

Hy SMS nie terug nie! En dis nou al ure! Hoekom SMS hy nie terug nie?! WAT KAN DIT BETEKEN??? Verstommende woorde, né? Jong dame ontvang SMS. Jong dame stuur SMS. Jong dame ontvang niks nie. Jong dame en vriendin(ne) begin afwesige teksboodkap ontleed. Hy wil nie terugstuur nie. Hy is skaam. Hy probeer sy [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 16 Comments