Hoe kon koerante dit nie sien kom het nie?

Ek het pas deur Gilder se Life After Television gewerk. Dis 'n insiggewende werk deur 'n skrywer wat die ondergang van tradisionele top-bottom-mediastrukture (soos die tradisionele pers, televisiekanale en selfs AT&T se vroeë leviatan van 'n telefoonnetwerk) meer as twintig jaar gelede al sien aankom het.

Die boek se eerste druk het in 1990 verskyn.

Veral een aanhaling het my bygebly. Gilder, wat Amerikaanse regeringsamptenare, korporasies en navorsers destyds probeer oorreed het om van koperkabels na optiese vesel te skuif, het homself in 'n muur van kritiek vasgeloop. Raai wie was sy sterkste teenstanders?

To my surprise, the most militant in attacking my arguments were the newspaper executives. Yet the implication of my argument was that newspapers could usurp their real rivals – the TV stations – as the prime purveyors of immediate news and information.

[…]

Local papers could provide distributed database “dialogs,” bulletin boards, and archives that could be tapped by travelers across the country and printed out whenever desired. Yet the newspapers feared any change and became last ditch opponents in the age of fibre.

(104-5)

Lees weer daardie laaste sin.

Vandag, meer as twintig jaar later, sit ons met 'n pers wat steeds nie lekker hond haaraf maak met die internet ('n netwerk wat Gilder onwetend voorspel het) en dalende sirkulasiesyfers nie. Tog is dit duidelik nie iets wat hulle bekruip het nie.

Kan 'n mens simpatie hê met strukture wat jare gehad het om hulself reg te ruk, maar volstrek geweier het?

This entry was posted in Media and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>