Windows 7 RC1 – eez naais!

Tot dusver is ek baie beïndruk met Windows 7 RC1. Dit het 'n skamele twintig minute geneem om op my hoofrekenaar te installeer (restarts ingesluit), outomaties alle devices korrek geïdentifiseer, aandrywers daarvoor gelaai en binne 20 sekondes tot by die login screen geboot. Anders as Vista, wat met nagenoeg 50-60 prosesse begin, laai Windows 7 RC1 met slegs 30 prosesse:

task-manager1

Die ekstra 2 prosesse in die skermskoot hierbo is Snipping Tool (wat die screenshot geneem het) en Task Manager self.

Oor Aero Snap, Shake, Peek en al die ander dingetjies wat Windows 7 'n baie elegante bedryfstelsel maak, gaan ek nie nou veel skryf nie. Iets wat wel noemenswaardig is vir enigiemand wat hulself met multimedia bemoei, is hierdie prentjie:

directx-11

DirectX 11!

Bliss.

Oor die loop van die week gaan ek stelselmatig programme laai en uittoets; as onversoenbaarhede raakloop, sal ek dit sommer tweet (ek twyfel egter sterk of dit gaan gebeur). Vir eers kan ek bloot dit sê: Windows 7 RC1 – eez naais!

desktop

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>