Zuma se inhuldigingskoste nie iets om slaap oor te verloor nie

Hoekom mense kla oor die koste van Jacob Zuma se inhuldigingseremonie as die vierde demokraties verkose president van Suid-Afrika, gaan my te bowe.

Dis nie asof die regering R75 miljoen in 'n vaatjie gaan stop en dit by Kaap Agulhas in die diep blou see gaan stoot sodat hulle kan kyk hoe vinnig dit sink nie.

Die geld is nodig om te betaal vir elke stukkie van die plegtigheid, van die sekuriteitswagte en die verblyf vir oorsese staatslui tot die vingerhappies en die potplante op die verhoog. (En die klankstelsel, die toerusting om die geleentheid regstreeks te kan beeldsend, die renumerasie vir welke kunstenaars ookal gaan optree, die koste van die verhoog, 'n massa stoele waarop mense kan sit [daar gaan omstreeks 40 000 burgers teenwoordig wees], opslaantoilette vir die massas, skoonmakers, etcetera. Die lys is werklik eindeloos.)

As 'n mens trouens mooi daaroor gaan dink, besef jy die geld word en masse in die ekonomie teruggeploeg. 'n Groot funksie word gereël en talle besighede en individue word betaal om daarnatoe by te dra. Letterlik duisende mense word sodoende die geleentheid te gun om Mzansi se kapitalistiese ratte aan die draai te hou.

En dan kom mense met die holruggeryde argument vorendag dat daar huise met die geld gebou kon word.

Komaan.

Dis net so 'n ondeurdagte argument soos hierdie een.

Barack Obama se inhuldiging het nagenoeg $170 miljoen gekos. Zuma se inhuldigingskoste lyk miniskuul hierteen. En raar maar waar – toe Obama ingehuldig is, het Suid-Afrikaners 'n warm gevoel van tevredenheid voor hul televisiestelle gekry toe hy gemaklik oor sy eed gestruikel het. Die plaaslike pers het gegons oor hoe dit die aanbreek van 'n nuwe era van hoop was; almal se gemoed was vol wollerige hasies en spookasem en huppelsessies op die strand. Emosionele masturbasie extraordinaire.

Nou is dit ons president se beurt en almal mor daaroor.

WTF, Suid-Afrika. Is jy net nooit tevrede met enigiets nie?

This entry was posted in Politiek and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>