Ek is steeds baie beïndruk met Windows 7 RC1. Veral die bedryfstelsel se stabiliteit en vermoë om alledaagse probleme (soos netwerkverbindinge wat nie wil saamspeel nie) op te los, is 'n groot bate.
Onlangs het ek byvoorbeeld Vista x64 drivers gelaai vir my laptop se onboard Intel display adapter, omdat Microsoft s’n wat saam met RC1 kom grafiese glitches in Aero veroorsaak. Dis vanselfsprekend nie 'n goeie idee nie en breek so af en toe, wat 'n taamlike groot probleem sou wees as jy op Vista en XP sit.
Windows 7 weier egter om die gees te gee en recover eenvoudig net die situasie. Veilig, vinnig en stabiel:
