Het Microsoft die nuwe taskbar gesteel?
Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!
Dis taamlik amuserend om Mac-aanhangers op die internet raak te lees terwyl hulle teem oor hoe Windows 7 se taskbar ‘n ripoff van die OSX dock is. Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat die funksionaliteit van beide ooreenstem. Programme kan op altwee gepin word, slegs ikone word vertoon, daar is ‘n animasie wat speel wanneer ‘n mens op ‘n ikoon klik. En, redeneer die Mac-aanhangers, OSX het die dock lank voor enige weergawe van Windows gehad – so die nuwe taskbar moet duidelik ‘n ripoff wees.
Hier is die twee ondermekaar (klik vir ‘n duideliker beeld):
Derhalwe het Microsoft duidelik gesteel, of hoe?
Toe nie.
Hier is ‘n screenshot van Windows 1.01 wat uit 1985 dateer. Lyk iets bekend?
Meh.
(Lees gerus ook hierdie artikel.)




Die taskbar, sonder dat ek nou al die geleentheid gehad het om dit self te ondersoek, na aanleiding van terugvoer elders en op die Net, is seker dié grootste verandering aan GUI.
Besit Microsoft nie ‘n aandeel in Apple nie?
En Windows 1.01, moet jy onthou, het sy ontstaan in basiese kode by die Mac. Hoekom sal mens verbaas wees met die ooreenkoms?
Reply
is het erg dan?
(ik kan de eerste twee taskbars hier niet zien
ik weet niet of dat aan deze computer ligt of dat johan misschien iets moet veranderen?)
Reply
demoerin Reply:
May 18th, 2009 at 2:20 pm
Ek ook nie.
demoerin se last bloginskrywing..WEW….17/52
Reply
Johan Swarts Reply:
May 18th, 2009 at 2:43 pm
Wag, ek resize gou behoorlik. Het Wordpress se funksie on the go gebruik (en dit suig).
Reply
Ja: Paint lyk nog basies dieselfde, 24 jaar later!
Windows is gesteel by Apple, wat dit by Xerox gesteel het.
Pienk Zuit se last bloginskrywing..Die Redding
Reply
Pienk Zuit en ek dink weer eenders en briljant. Dit lyk nes daai lawwe paint programmetjie wat mens saam met Windows kry!
Die piesangverkoper se last bloginskrywing..Afrikanerseun word Hindoeheilige
Reply
Ja, ja, ek het skoon vergeet van Xerox! Net soos die menslike genoom is daar maar min verskille tussen verskillende spesies. Die klein afwyking in sekwensie lei tot Apple vs Windows vs Xerox.
Reply