Jesus loves me yes I know…cause the market told me so?

Onthou jy die keer toe al wat ‘n Afrikaner was Crocs gedra het? Dit was in 2007. Niemand het regtig geweet waar dit vandaan gekom het of hoekom almal dit begin dra het nie – dit het net gebeur. Hoeveel mense het jy toe geken wat Crocs gedra het? Wat was die gemiddelde aantal sekondes wat jy in ‘n inkopiesentrum op ‘n bankie moes sit voor iemand met die onooglike broodmandjies om hul voete verbygewaggel het?

Wat is dit nou?

Onthou jy hoe jou kinders postal gegaan het oor Pokemon? Onthou jy vir Ash en Misty? Al die aksiefigure? Die aaklige speelgoed by MacDonalds? Die kaarte? Die temalied? (Die konserwatiewe Christene wat volgehou het dis demonies?) Onthou jy die Ninja Turtles? Die keer toe almal rollerblades gery het? Bart Simpson en die era van skaatsplanke? Die Tamagotchi? Die Macarena? Die Big Green Clean Machine? Daai potsierlike deksels vir koeldrankblikkies? Enige van die vorige Idols-finaliste? (Gaan jy vanjaar se wenners oor drie jaar op straat erken?)

Hoekom lyk modes van die 90’s vandag so absurd?

Wanneer gaan mense volkome besef dat hul doen en late hoofsaaklik deur korporasies beheer word? Dat ons van geboorte af geleer word om te val vir absurde klassifikasies soos blou klere en karretjies vir seuntjies, pienk klere en poppe vir dogtertjies en ‘n kolossale penis vir volledige menswees? Dat ons diepste strewes en emosies dikwels die navolg van korporatiewe propoganda is? Dat die boeke wat in Bybelwinkels verkoop word selde die moeite doen om Bybels te wees? Dat uitverkopings in kettingwinkels nooit daar is omdat die winkels vir jou omgee nie, maar omdat hulle jou geld soek? Dat ons vandag meer as ooit vantevore in hiperrealiteit rondswem?

Hoeveel advertensies het jy die afgelope uur gesien?

Hoekom hou jy so baie van die IPL-krieketliga of volgende Saterdag se rugbywedstryd?

Is die lewe die moeite werd as jy dit as ‘n slaaf spandeer?

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

17 Responses to “Jesus loves me yes I know…cause the market told me so?”

  1. Goeie punt.

    We are all but corporate whores. Ons kan dit maar netsovel probeer geniet…

    Simon Gerber se last bloginskrywing..Internet Culture Saturday: reddit.com

    Reply

  2. Ek dra nog steeds my crocs.

    George Maru se last bloginskrywing..Dit is oppad. Is jy gereed?

    Reply

    scienex Reply:

    trots :o )

    Reply

  3. Ek is seker maar baie ellendig, maar ek is nou een wat nie dinge koop omdat ander dit het nie. Elk geval dink ek dat crocs die aakligste ding op aarde was. Dit is nou so sexy soos sumo stoeier in ‘n “thong”. Broodmandjie pas goed.

    Reply

  4. Ag wat, die post-modernisme reken mos alles is relatief. Dus, jou mening is sekerlik soortgelyk :wink:

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    voorwaar. ik bent de tjoeftjokker.

    Reply

    scienex Reply:

    wat of wie is nou toch die eeuwige tjoeftjokker van jullie? zeker zelf bedacht?

    Reply

  5. ek steur my nie selde aan uitverkopings of advertensies en crazes gaan meestal by my verby. het nogal altyd gewonder wie besluit nou eintlik wat is in die (klere) mode? (wat anyway ook by my verbygaan.) shame. ek voel vry.

    Reply

  6. oeps! ek steur my selde aan …

    Reply

  7. ik ben het met je eens johan, maar ik vind dat je overdrijft :o )
    net als rustig en eiramenna ben ik van mening dat het nog altijd een keuze is voor het individu zich te laten beïnvloeden door reclame en rages – noem mij naïef…

    de massa, daarentegen, volgt slaafs de massa
    maar wie volgt dan wie? wie bepaalt de mode?
    - homos toch?

    Reply

  8. Stem volkome saam. Mense word vertel om iets te koop want dit is cool en dan glo hulle dit en koop dit.

    Apple is briljant daarmee.

    Reply

  9. Apple is *besonder* goed daarmee. Die bemarking laat jou glo jy koop ‘n premium-item, terwyl dit meer ‘n luuksheid is.

    Johan Swarts se last bloginskrywing..Google laat Chrome-advertensies op die wêreld los

    Reply

    Emil Reply:

    En Hunters Dry?

    Emil se last bloginskrywing..Google and Fossil Ida

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Hulle vang ‘n mens nogal met Hunters Gold.

    Reply

  10. Bandwagon effect.

    Nogals baie cool. Sien ook dan Snob effect.

    Reply

  11. Dit ontaard uiteindelik in ‘n bose kringloop. Die winkels maak geld daaruit om jou besluite te help maak, terwyl jy dalk te lui is om self te besluit en dit so aanvaar. Ek bly gelukkig koelkop en my 2 vrae aan myself is gewoonlik – Hou ek daarvan en is dit werklik nodig?
    Ek word ook nie sommer deur die Jones’ jaloers gemaak tot op ‘n punt waar ek die strate sal invaar en koop om ook te hê nie.
    Maar dit moet tog werk, en ek kry veral mense met kinders jammer…..

    demoerin se last bloginskrywing..20 Mei…. “profound”

    Reply

  12. Ek stem saam dat die media ‘n moerse aandeel het aan wat ons na luister, glo in politiek en selfs wat ons dra… maar ek dink nie dit is van toepassing op godsdiens nie… Of ek kyk net te min tv…. Ek sien nerens “christelike propoganda” wat in ons kele afgedruk word nie?

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled